Donderdag 16 Januarie 2014

Seën op IKEG skoling


'n Kursusganger vertel: “Ons het nog nooit die Evangelie so duidelik en oortuigend op ons klub kon vertel soos na die opleiding nie.” Die kursusganger vertel dat ander klubleiers wat aanwesig was en nie die kursus gevolg het nie met trane in hulle oë gesit en luister het. Hierdie getuienis is nie buitengewoon vir ons nie. Ons staan baie keer verstom dat mense wat gereeld kerk toe gaan en elke Sondag preke hoor, nie die ware Evangelie hoor nie. Dit sien ons ongelukkig baie. Dikwels word daar in die tradsionele kerke geglo dat verbondskinders outomaties gered is, omdat hulle gedoop is. Die ander uiterste is ’n evangelie waar Jesus as Vriend voorgestel en aanvaar moet word, eerder as die Verlosser wat vir jou sonde gesterf het en deur Sy Gees jou lewe verander. Ons is so dankbaar vir die oop deure wat die Here gee deur middel van kinderevangelisasie kursusse. Van die 50 mense wat die verdiepingskursus gevolg het, is oor die 40 besig met direkte kinderwerk! So brei  kinderwerk in Nederland uit.

’n Ander kursusganger vertel dat sy nou die eerste keer in haar lewe werklik verstaan wat dit beteken dat mens regverdig verklaar word omdat jy glo.


Tydens een van die Bybelskoolgeleenthede op ’n Saterdag, het ons die geleentheid gehad om die studente te leer hoe om die Evangelie met behulp van die Woordeloseboekies uit te lê. Op die foto’s sien u van die 70 studente besig om met mekaar te oefen.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking