Woensdag 30 September 2015

Dankbaar vir besonder geseënde tyd in SA en nou in Nederland begin die werk weer...

Beste vriende en betrokkenes

Ons besoek aan Suid-Afrika

Nadat ons 30 000 km met vliegtuig en kar afgelê het, het die Here ons veilig in Nederland terug gebring. Ons kyk na besondere besoeke, mooi gesprekke en ook dat die Heere die tye dat Marius die Woord kon verkondig besonder geseënd.

Baie dankie vir almal wat hieraan saam gewerk het en vir al die liefde en gasvryheid waarmee ons ontvang is. Ons het ervaar dat die Here deur julle Sy arms om ons heen geslaan het in liefde. Dankie ook aan almal wat opnuut wil bid, wat opofferend finansieel wil bydra terwyl hulle self ook moeilik elke maand uitkom. Dit sorg dat ons n besondere verantwoordelikheid het om goeie rentmeesters te wees met die tyd, werk en geld en gebede wat die Here aan ons toevertrou het.

Nederland
Bybelskool
Die Bybelskool het vorige naweek begin met n afskop naweek. Marius kon  Saterdag oordag en Sondag middag boodskappe bring, Saam met n baie gewaardeerde broers in Christus, Arjan Baan en Bart Ridderhof kon ons terug kyk dat die Here besonder aanwesig was. Ons het met vrymoediheid die Evangelie uitgelê wat die tema van die naweek was.
Bid asb vir die 63 nuwe studente en dosente dat die Here hulle sal ontmoet en vorm hierdie jaar. Marius gee les in Kinderevangelisasie en gevare en stromings in die kerklike wêreld.

Veritas
Veritas het ook weer begin en dit was heerlik om weer om die Woord van God die rykdom te bestudeer.
Bid ook asb vir vrug en groei in ons almal se lewens as ons so by mekaar kom. Op 9 plekke word daar nou weer die die kursus gegee. Wil u bid dat die Here nuwe leiers sal oprig in die verskillende gemeentes? Ons het Dinsdag 6 Oktober as leiers n vergadering om te bespreek hoe ons verder gaan mat Gerrit, Bert, Bart en Reinout. Bid vir n baie geseënde vergadering asb.

IKEG
Dit was ook heerlik om na so n lang tyd weer die IKEG medewerkers en bestuur te sien. Ons is so dankbaar vir so n klein maar toegewyde span. Heerlik is dit om met so n groep saam te werk.
Bid vir oop deure in die bereik van kinders in Nederland. Bid veral vir ons samewerking met ander organisasie wat soms baie moeilik gaan om die regte prinsipes en uitgangspunte te behou. Bid dat IKEG sy edentiteit sal bewaar en vir onderskeidingsvemoë in al die sake. Bid ook dat IKEG se bestuur en span gesamentlik hierdie uitdagings sal kan hanteer en naby die Here bly.

Donderdag 03 September 2015

God is Liefde?! Preek (Rom 5:7-9)

Soos belowe plaas ons hier die link na die preek oor die liefde van God wat gehou is in Vanderbijlpark Suid gemeente.
Ons hoop u sal hierdeur gemoedig word en dat die verkeerde menings oor die liefde van God vir u duidelik sal word.
https://soundcloud.com/stormpies/audio-opname-2015-08-16-09-23

Woensdag 02 September 2015

Geseënde besoek aan Suid-Afrika kom nader aan einde

Dit het so gou gegaan. Ons kan dit byna nie glo nie. 3 maande is byna verby. As die Heere wil dan vlieg ons Maandag 7 September terug na Nederland.

Aan almal wil ons net BAIE dankie sê vir al die liefde en bemoediging. Ons gaan moeilik weg maar ook met motivering, want die uitdaging is baie groot. Ook vir die besondere terugvoering wat ons gekry het oor dit wat ons gedeel het. 
Ons plaas hier 'n link na die preek wat Marius In Kerk Sonder Mure in Pretoria moes hou oor die gesin en gebed.
Ons sal nog probeer om ook die boodskap oor die Liefde van God" waar baie voor gevra het ook op die wegsite te plaas. Dus hou hierdie bladsy dop.

Bid asseblief omdat ons terug gaan en dadelik begin met 'n baie besige program en vir die nader komende winter wat vir ons wag :(

Vrydag 21 Augustus 2015

Sondag om 18.30 erediens in NG Brakpan Wes NG Kerk.

Aangesien dit nie op ons agenda verskyn nie, omdat dit toe nog nie bekend was nie noem ons dat hierdie Sondag aand ek voor gaan in n diens in N G kerk Brakpan Wes om 18.30. As ons nog nie kans gehad het om mekaar te ontmoet het nie sal ons dit baie graag wil doen want Maandag vertrek ons DV uit Brakpan na Pretoria en daarna weer DV terug na Nederland op 7 Sept.

Saterdag 25 Julie 2015

Program van ons besoek in Suid Afrika

Hier  is die program van ons besoek in Suid-Afrika. As u nie ons nuusbrief gekry het nie wil u asseblief ons laat weet sodat ons u nuusbriewe digitaal kan stuur.
op 26 juni preek Marius DV in Potchefstroom Mooirivier om 18.00


Studies gehou vir kinderwerk


Die afgelope tijd het ons saam gewerk met n organisasie  wat ook kinderwerk wil aanmoedig. Die organisasie se naam is Evangeliestek. Saam stel ons opelug materiaal beskikbaar vir kerke.

Ek het die voorreg gehad om daar 3 keer op te tree. Die eerste toespraak het gegaan oor uitgangspunte in evangeliesasiewerk en die tweede is hoe lê ek aan kinders uit wat die evangelie is.
Die twee links kan u hier volg. Elkeen is ongeveer 30 min lank.

https://youtu.be/yh2ZuhA5rdo

https://youtu.be/dnHEoItDJMg

Woensdag 18 Maart 2015

2 VCK 2 cursussen afgerond

Vorige week maandag het ons die kursus VCK 2 na 12 aande afgerond in Apeldoorn. Hierdie week het ons dieselfde kursus ook na 12 aande afgerond in Sliedrecht. In totaal het 12 kursusgangers die opleiding vir gevorderdes afgerond.

Die Verdiepings Cursus Kinderevangelisasie (VCK) 2 gaan oor die gelovige kind en hoe om hom verder te help in sy geestelike lewe. Ook hoe om aandag in die klub te gee aan die gelovige kinders - sou daar enige wees.

Dit het 'n lang tijd geneem om hierdie kursus te voltooi omdat ons die kursus afgewissel het op die maandag aande. Dan in Apeldoorn en die volgende in Sliedrecht. Daarom het ons meer as 24 weke geneem om dit klaar te maak.

Oor twee weke begin ons weer met n kursus in Geldermalsen se omgewing. Weer elke 2e week en ons hoop om na die Europese somervaksnie verder te gaan en dan in November dit af te rond.

Dit was n besondere kursus en die materiaal is baie besonder omdat dit vir ons as gelovige volwassenes ook baie kan beteken.

Bid asseblief vir hierdie mense dat hulle wysheid sal kry hoe om die beginsels in hulle klubs toe te pas.

Op die foto is die groep in Sliedrecht besig en gee Anneke Breet 'n kollega les.

Vrydag 06 Maart 2015

Apeldoorn Veritas 2 afgerond

Gisteraand het ons die voorreg gehad om die 24 deel 2 kursusgangers se sertifikate uit te deel. Dit was die hasegroep - die groep wat elke 2 weke bymekaar kom. Dit was 'n baie besondere groep en nou na 2 en 'n half jaar besig te wees met deel 1 en 2 begin ons sommer volgende keer met deel 3. Dit handel oor die Psalms, wysheidsliteratuur en profete.

Ons is baie bemoedig deur die terugvoering wat ons gekry het. Wat ons baie bemoedig is dat mense sê hulle lees nou die Bybel baie anders en dit het hulle gehelp om die betekenis beter te verstaan en om dit beter toe te pas op hulle lewe.
Ook die band wat ontstaan tussen die mense is besonder. Een van die vrouens het borskanker gekry tydens deel 2 en het ondanks haar Chemo behandeling en nou bestraling aangegaan!!! Toe sy haar sertifikaat gekry het het daar n spontane aplous uitgebreek. Pragtig die samehorigheid.

Wat baie opval is dat die studie van die 10 gebooie soveel beteken het. Ons het elke gebod bespreek ook in die lig van die gedagte dat ons nie meer onder die wet is maar onder die genade. Het dit nou geen plek in die lewe van 'n Christen nie? (Sien Joh 14:15 en 21 en 1 Joh 5:1-4) Ook die implikasies van die grote Versoendag en hoe die Here Jesus dit vervul het was vir baie besonder.

Ons gebed is dat hierdie mense ook dit wat hulle leer sal oordra aan ander.


Saterdag 24 Januarie 2015

So bemoedig was ons lank laas! Alles kom by mekaar in hierdie getuienis!

Een van die jongste Bybelskool studente wat ek meer as 4 jaar gelede gehad het as student is nou iemand wat in Duitsland by Heilbron  by die "Gospel for Europe ministry school" les gee - het hierdie getuienis gegee. Wat mooi is hy het die IKEG (CEF) 3 maande leierskap opleiding gevolg en ook die Veritas 1 kursus. Hy gee nou die kursusse daar. Dit is so bemoedigend omdat dit nou juis 'n verlange is wat ons deur ons bediening wil sien tot stand kom.Ons wil jong leiers oplei sodat hulle op n Bybelse manier verder sal gaan en mense sal bereik. (Hy is nie die enigste nie) Hij staan links op die foto en sy vrou hurk voor hom.

Ek het toestemming om hierdie whatsapp te deel wat hy aan ons as sy gebedsgroep op whatsapp geplaas het.

Dit is in makkelike Nederlands .... 

Broeders,

Graag wil ik jullie bedanken voor jullie voorbede! De HEERE HEEFT WONDERLIJK VOORZIEN. Heb met passie in het Engels mogen onderwijzen. 


Maandagavond heb ik mijn getuigenis mogen delen naar de studenten. Ik had het niet voorbereid, maar de Heere hielp! 

Dinsdag lesgegeven. 

’s Avonds kreeg ik onverwachts de gelegenheid om een Bijbelstudie in Winterberg te leiden in de Lutherse kerk. Ik heb in de woonkamer van familie Gleibe (predikantenechtpaar) een Bijbelstudie over Efeze 2 gedaan in de stijl van VERITAS. Er kwamen mooie gesprekken op gang over vers 1-4, wat het betekent om geestelijk dood te zijn… Heb vrijuit kunnen spreken. 
Dinsdag lesgegeven over een Bijbels fundament voor Kinderevangelisatie (Psalm 78, Math 18 en importance of conversion), 

Woensdag lesgegeven over de doctrines van het Evangelie, Gisteren een Kinderclub gedemonstreerd, vandaag hebben studenten geoefend om het evangelie op kinderniveau te vertellen en heb ik nagedacht over Acts 26:19b "I was not disobedient to the heavenly vision." 

Ik ben enorm bemoedigd door het ontspannen verloop van deze intensieve week. De passie voor onderwijzen, die in de afgelopen periode wat verwaterde, kreeg echt een opleving. Heb erg genoten en bid momenteel om leiding welke week (weken) ik volgend jaar eventueel zal kunnen doceren..nu eerst weekend😊

Mooi né?
Discipelskap kom tot sy reg!
Prijs die Here vir Sy genade en goedheid! 


Woensdag 21 Januarie 2015

Uitdagings in Veritas

Een van die dinge in geestelike  werk is die verrassende wendings wat mens se lewe kan inneem
wanneer die Here besluit Hy gaan iets oor jou pad bring.
Dit het gebeur na september 2014. Skielik het deure oop gegaan om mense te skool om die Veritas kursus te gee op besondere plekke. Dit is nie altyd maklik om mense so aan te trek nie. 

Maar op n besondere manier het die Here n sendeling uit suid-oos Asië (naam noem ek nie uit veiligheids oorwegings) vir 'n jaar na Nederland terug gebring om verder opgelei te word sodat sy daar meer bruikbaar kan wees in haar beroep om 'n visum te kan kry. Maar wat doen sy met al die ander tyd?  Die Heere het haar al lang op ons hart gelê en sy volg nou hierdie jaar die kursus. 

Verder het die Here n jong man wat uit Wallis (Wales - GB) wat as sendeling  reeds 3 jaar in Albanië werk, oor ons pad gebring. Hy het vir n jaar na Nederland gekom om te trou met n meisie wat ons IKEG kursus gevolg het, Haar ma is op ons IKEG bestuur. Marius is gevra om sy mentor te wees in 'n IKEG internet kursus uit Amerika. Wel gou het die gesprek gegaan na die moontlikheid dat hy die kursus in Albanie kan gee. Nou volg hy dit ook. Hy praat en skryf die taal reeds vlot en is baie opgewonde oor die moontlikheid om dit daar aan te gaan bied.

'n Derde persoon het Marius mee kontak gekry toe hy aansoek gedoen het by n sendingorganisasie waar Marius op die keuringskommissie is. Hy is werkloos op die oomblik en werk in Almere en in de Bijmermeer in Amsterdam. Dit is n baie digbevolkte gedeelte in Amsterdam (soos Hillbrow in JHB). Wel hy volg ook nou die kursus. 

Die vierde is n besondere. Johan Josua (ons seun) het Marius gevra om die kursus in hulle gemeente te kom gee. Ons antwoord was ons is te besig ... dus waarom volg jy dit nie en gee dit self daar. Wel nou is hy ook deel hiervan. Arme man - dit is nie makkelik om jou pa as mentor te kry nie!

Dan is Marius besig om Jacob Jan Matze in Duitsland by die Gospel For Europe Bybelskool te begelei as begeleier. In die skool is daar 14 studenten wat n visie het om moontlik en Europa te gaan werk. Hulle volg ook die Veritas kursus. Wie weet miskien is daar by hulle ook mense wat die kursus wil gaan gee waar hulle kom. Wat is die Here besig om te doen? Tyd sal leer.

So kom die Here op n besondere manier en so is die Here moontlik besig om die deure na die res van Europa  oop te maak. Want daar is ook moontlikhede vir België en ook vir Frankryk. Bid vir wysheid en krag want hierdie kursusse moet in Engels gegee word ...