Die NKA - IKEG en Veritas?

Die NKA

Die NKA is die tuisfront kommittee wat meer as 30 jaar gelede gestig is toe Marius en Amanda vertrek het na Nederland.  Dit is steeds die kommittee se doel om Marius en Amanda by te staan en te ondersteun met hul werk in Nederland. Dit gebeur deur aan hulle morele ondersteuning op ‘n deurlopende basis te gee asook deur gebed en die verspreiding van gebedsversoeke.
Die NKA is verder verantwoordelik vir kommunikasie met Suid-Afrikaanse ondersteuners om hulle in te lig oor die werksaamhede van Marius en Amanda en hoe dit met hulle gaan. 
Op finansiele gebied monitor die NKA die geld wat deur Suid-Afrikaanse ondersteuners gegee word en sorg vir die maandelikse oorplasing van fondse na hul Nederlandse rekening.  Die NKA is behulpsaam met logistieke reelings as hulle Suid-Afrika besoek en help om groepe te identifiseer waar Marius kan optree in Suid-Afrika.  

Voorsitter: Ds Barend Hefer
Ondervoorsitter: Manie Bothma
Sekretarresse: Wilna Smit
Penningmeester: Riaan Smit
Ander lede van die bestuur:
  • Prof. Koos Adendorff
  • Lidia Streicher
  • Erika Mostert
  • Rina Bothma
  • Danie en Emelie Prince
  • Heleen van Schalkwijk
  • Estelle Hefer


Hoe is Marius en Amanda tans in Nederland werksaam?

IKEG (Internasinaal Kinder Evangelisatie Genootschap) 

Marius en Amanda se werk in Nederland het verbreed en gespesialiseer geraak. Vroeër was hulleself baie betrokke by kinderwerk in die omgewing waar hulle woon. 
Hulle bediening is nou meer gerig op opleiding, aangesien die opleiding van kinderwerkers een van die grootste behoefte is. Hierdie opleiding behels om kinderwerkers te leer om kinderwerk op meer Skrifgetroue manier te doen deur hulle te leer:

·         Om die evangelie duidelik te verkondig.
·         Om nie die kinders te vermaak en vanuit die sosiale wetenskappe te benader nie.

Deur op hierdie wyse te werk te gaan, vertrou ons dat baie meer kinders indirek bereik zal word. Hulle vermeerder so hulle bediening en leiers word opgelei wat met die werk verder kan gaan.

Veritas College 


Ook het hulle gesien dat daar ’n groot behoefte aan Bybelse Leierskap in die kerke en kinderwerk is. Daarom het hulle ook by die Veritas Bybelskursus betrokke geraak. Die opleiding van kinderwerkers en die Veritas Bybelkursus vul mekaar goed aan. Waar die Veritas kursus aangebied word, gaan die oë vir sendingwerk oop. 
Daar is byvoorbeeld die afgelope 8 jaar n groep jongmense en volwassenes deur die Veritas kursus opgelei. In Desember 2018 is ver oor die 500 mense opgelei. 
Marius is besig om die werk van Veritas in Nederland te vestig en word daar nou reeds op 16 plekke die kursus gegee. Hierin word hulle bygestaan deur 15 ander manne wat die kursus aanbied of opgelei word dit te doen. Nuwe leiers word op die oomblik geïdentifiseer wat ook kan help met die opleiding. Die uitdaging is om hierdie saak ook in meer lande in Europa op te rig en is 'n begin gemaak in Frankryk. Daar word na België gekyk en ook in Engeland en Romenië is die kursus bekend en word dit gegee.