Donderdag 16 Januarie 2014

Februarie in Suid-Afrika


Omdat dit weer tyd is vir ’n besoek aan ons vriende en gemeentes wat by ons betrokke is wil ons die volgende datums deurgee sodat, as u in die buurt is miskien ’n diens kan bywoon.

Program vir ons besoek is soos volg:
2 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Benoni

16:00
Middagdiens by die Gereformeerde Protestantse kerk Brakpan (Jim Vinninglaan, Minnebron)
9 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Bonnievale
16 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Vanderbijlpark-Suid

18:00

19:00
Aanddiens by NG kerk Mooirivier in Potchefstroom.
Jeugdiens by NG kerk Mooirivier.
23 Febr.
09:00
18:00
Oggenddiens by die APK Trans-Magalies, Pretoria
Aanddiens by APK Verwoerdburg


Hou ons blog dop want sou daar aanpassings / veranderinge / nuwe spreekgeleenthede wees, sal ons dit daarop aangedui word: www.stormpies.blogspot.com


Deur die week is daar nog moontlikhede vir afsprake en spreekgeleenthede. Stuur gerus ’n e-pos.

Duitsland

Daar kom ’n nuwe Bybelskool in Duistland waar sendelinge wat geroep is vir Europa opgelei sal word. Dit word “the Gospel for Europe ministryschool” genoem. Die moontlikheid is ook daar om die Veritas kursus een dag per week daar aan te bied. Ons vra onsself af wat die Here se planne kan wees met al hierdie moontlikhede? Aan hierdie “oop deur” is ook baie reistyd en ook hoë onkoste vir brandstof verbind. Sommige dinge kan ook afleidings wees! Bid asseblief saam met ons dat ons die Herder se stem duidelik sal hoor en Hom gehoorsaam sal volg.

Pinksterkonferensie by Heartcry


Marius is gevra om in Mei maand as spreker op te tree by die groot Heartcry Konferensie. Hy bid hieroor, want dit is nogal ’n baie groot verantwoordelikheid. Bid asseblief saam dat die Here hom duidelikheid sal gee oor wat hy moet doen.

'n Nuwe kleinkind: David Joël

Marna het geboorte aan ons tweede kleinkind gegee: ’n seuntjie met die naam David Joël. Hy bring reeds baie blydskap vir ons. Die swangerskap het baie moeilik verloop en na komplikasies is ’n pragtige seuntjie vir haar en Gerben Jan Bruinsma, gebore. Ons is dankbaar dat alles goed gegaan het. Ons geniet hom baie en vra dat julle saam sal bid dat hy waarlik ’n man sal word na Gods hart soos sy name aandui.

Die Veritas opleiding en uitdagings

’n Nuwe wêreld het vir ons oop gegaan vandat Marius by die Bybelskool en ander plekke in Nederland les gee. Ons is verbaas oor die honger na goeie Bybelse onderwys binne die kerke. Mens is verbaas oor die waardering wat uitgespreek word as mense kom praat oor hoe die kursus hulle help. Op die oomblik mag Marius 3 manne in Veritas begelei (Bert, Bart en Gerrit). Die kursus word op 7 plekke vir 8 groepe aangebied. Verder wil Bennie Worlvaardt (leier van Veritas Internasionaal) hê dat Marius die verantwoordlikheid neem vir Veritas in die hele Europa. Ons bid ernstig hieroor, want ons sien die werk hier met IKEG en Veritas Nederland groot vrug dra.