Dinsdag 08 Maart 2016

Stormpies in die land van die reuse?!

Veritas 

Het Marius skielik gegroei? Nee hoor, toe die foto geneem  moes word het dit soos rugby pale gelyk. Hulle het n stoel nader gesleep en daar is dit nou. Hy is die langste - net - net. Vir die oplettende kyker sal mens die stoel sien uitsteek.

Hierdie is n groep manne saam met wie ons werk in Vertas. Dit is bestuurslede en manne wat saam les gee.

Van die begin het Marius homself afgevra wat die bedoeling is dat die Here ons gestuur het na die land van die reuse. (Nederland is die 2de langste bevolking in die wêreld.) Maar wanneer mens tussen sulke manne staan dan is hulle geestelik nederig en is mens nie van hulle lengte bewus nie. Gebroke en gevorm deur die genade van die Here. 'n Voorreg om saam met hulle te kan werk.

Bennie en Moira Wolvaardt (internasionale leiers van Veritas het ons kom besoek - regs op foto) en toe het hulle hierdie foto geneem. Hulle was ook beïndruk met hierdie medestryders.

Ons wil julle vra om vir hierdie manne te bid, vir die werk van wat hulle doen en dat ons almal so naby aan hom kan bly.

IKEG
Dieslefde is waar van die IKEG span. Nou vir baie jare is ons saam aan die werk. Ons is innig dankbaar vir elkeen hier. Op die foto is ons saam met Gerd-Walter Buskies (Europese directeur achter in die middel op die foto) en Henry Berry Suid-Wes Europa leier regs op die foto.)

Hierdie mense is besig om hard te werk as span om die Evangelie te bring onder kinders en volwassenes!
Moet asseblief nie ophou om vir ons te bid nie. Dit word n baie groot uitdaging om hier die woord te verkondig en gelowiges op te lei.

Ook merk ons steeds meer dat die evangelie nie meer verkondig word nie en dat steeds meer mense eerder gerig is dat dit lekker vir die kinders moet wees. Aan die kinders word gegee wat hulle wil hê en nie wat hulle nodig het nie.

Mense gebed is so nodig asseblief. Ook vir my en Amanda persoonlik. Die uitdagings is groot en die stryd is heftig, maar die Here is getrou en vol genade.