Maandag 04 April 2016

Eerste Veritas 4 groep in Nederland afgestudeer en sertifikate behaal.

Piet, Dinant, Reinout, Gertine, Gerrit, Arne, Machiel en Frank.
Dit was besonder om die jare met julle saam te groei!
Marius het 7 jaar gelede begin om by de Filadelfia Bijbelschool in Langbroek  die Veritas module 1 kursus te gee. Van de eerste groepe het hy gevra of van hulle nie verder wil gaan nadat hulle die Bybelskool voltooi het nie. Aanvanklik het 12 begin.

Maar die mense in die foto het vir bijna 4 jaar getrou elke tweede Saterdag saam gekom en hierdie kursus bygewoon en nou voltooi. (Frank het later by ons aangesluit)  Hulle het voorberei en die band tussen ons het baie sterk geword. Heerlik is dit om besig te wees met klein groepe. Ons samelewing en die kerke is beheb met getalle en massas. Is mens nog bereid om jou tyd en energie te steek in die kleine groepe. Dit het so n impak op mens se lewe. Ons gaan dit mis om nou nie meer so saam te kom nie. Ons het by hierdie laaste by mekaar kom grondig gekyk na Open 20. Soos iemand teen my gesĂȘ het ... dit was 'n "eye opener"vir hom. Daarvoor is ek baie dankbaar.

Ons het begin met n nuwe groep van 11 wat nou besig is met module 2. 'n Baie toegewyde groep. Dank die Here daarvoor en bid saam dat hulle ook die eindstreep sal haal.

Bid saam met ons want Marius is spesifiek gevra om ook in Eindhoven die kursus te gee. Hy het een van die personen op die foto gevra om hom te help. Bid dat die Here dit sal bevestig en tyd en deure oop te maak daarvoor. Daar is ook n baie toegewyde  jonge voorganger en hy kom uit Colombia en wil help om die cursus in Spaans te ontwikkel en wie weet dit moontlik in Suid-Amerika te gaan gee.

Mooi is dit ook om te weet dat van die oorspronklike groep van 12 Bert, Bart (nie op die foto) en Gerrit en ook Reinout (op die foto) nou help om die kursus te gee op verskillende plekke in die land. Dit is besonder om te sien hoe die Here hierdie mensen gevorm het en opgelei het om leierskap te toon en hoe hulle nou verder ontwikkel om hulle gawes tot beskikking van die Here te stel.