Donderdag 06 Oktober 2016

Joël Beeke uit Amerika op besoek

Marius het n groot begeerte gehad om dr Joël Beeke ooit te mag ontmoet. Hy het die begeerte in sy hart rondgedra en selfs die Here gevra dat dit miskien moontlik kan wees. Wel, paar weke gelede het die begeerte waar geword.

Op die Vrydagaand  het ons saam geeet en heerlik gekuier.
Dit was n voorreg vir ons  om vanaf woensdag  tot maandag oggend Joël Beeke op besoek te kry. Op n baie wonderlike manier het dit gebeur.  Hy het opgetree by n konferensie in Apeldoorn en Marius het veral baie tyd met hom kon deurbring. Hy is n baie besondere broeder. Hy is predikant by Heritage Netherlands Reformed Congregation, in Grand Rapids, Hy is ook president van Puritan Reformed Theological Seminary en medestigter en redakteur  Puritan Reformed Journal.

Dit klink baie impoonerend maar ons het hom leer ken as n besondere nederige en toegewyde broer. Wat n voorreg om so iemand met wie mens dadelik aanklank gevind het, te mag ontmoet.

Ons glo ook nie dat dit sommer per toeval is nie. Hoe ons paaie verder gaan weet ons nie, maar hy was baie belangstellend in ons werk en hoe ons hier die werk oor die afgelope 24 jaar ontwikkel het. Veral die uitgangspunten van die bediening wat ons hier toegepas het.  Soos hy gesê het ons het vriende geword en wie weet wat die toekoms mag inhou