Saterdag 10 Desember 2016

Ek leer so baie en die gemeente ook!

Dit was die woorde van n voorganger van 'n gemeente wat een van ons kursusse volg. Dit is so bemoedigend vir ons dat ons broeders en susters in die kerk kan dien, sodat hulle beter toegerus is vir hulle dienswerk. (Ef 4:10 ev). Die uitdagings bly  groot en sulke oop deure maak ons bediening hier so besonder en laat ons klein voel. Die afgelope maande kon ons merk hoe die Here in ons eie lewens gewerk het maar ook in die lewens van mense waar ons kususse gegee het.

IKEG:


Vir IKEG het ons verder gegaan met Verdiepingskursusse in Kinderevangelisasie in Ede en Lopikerkapel. 'n Baie besondere en toegewyde groep mense wat 2x14 dinsdae opoffer om self geskool te word in kinderwerk en hoe om die Evangelie aan kinders oor te dra. 
Dit is ook belangrik om OPFRIS AANDE te hou. Dan kom vorige kursusgangers terug om weer bemoedig te word om kinders te bereik. Dit was baie goed gewees en die mense het baie goeie terugvoering gegee. Ons is dankbaar vir wat die Here deur hierdie bediening doen.

Bid u saam met ons vir die Kinder Kersklubs wat oor hierdie tyd gehou gaan word?


Ook het die leiers van CEF/IKEG Suid-Wes Europa bymekaar gekom om die bediening te bespreek. Dit was baie bemoedigend om met die broeders en susters so bymekaar te wees. Hier is die uitdagings groot en sien mens die gevolge van n post-Christendom op die kontinent. Europa word regtig 'n groot heidendom! Dit is nogal ons stamlande waar ons vandaan kom. DIt maak ons roeping hier so besonder. Dit was heerlik om so saam te kom en die Here se aangesig te soek in gebed en die bediening van elke land te bespreek. Bid saammet ons vir ons gebied, seker een van die moeilikste dele om te bereik.

VERITAS


Ook hier is die kursusse aan die gang. Eindhoven is n baie mooi groep wat baie toegewyd is. Hulle kom nog n aand per week by mekaar om die les van die vorige week te bespreek. Dus dit kom daarop neer dat hierdie mense elke week vergader. Dit is baie bemoedigend - bid vir hierdie mense.



In Apeldoorn is ons met die laaste module (4) besig en ons hoor al dat die 20 mense nie bly is nie, want vir by na 5 jaar kom hulle getrou elke 2e Donderdag en wat gaan gebeur as dit klaar is?! Uit die gemeente waar Amanda en ek na toe gaan is daar nou 8 mense wat n deel van die kursus gevolg het en wat kerkraadslede is. Dit begin 'n besondere impak op ons gemeente te hê sien ons nou al.


Dit was besonder bemoedigend toe Bennie en Moira Wolvaardt as leiers van Veritas ons besoek het en bemoedig het. Groot uitdagings lê vir Veritas ook voor en ons het belangrike besluite wat ons moet neem oor die werk hier in Nederland en Europa. Bid dat die Here duidelijk sal lei.


Lesse by 2 Bybelskole


Ons het nooit kon droom ons sou ooit les gee op 2 Bybelskole. Die een is die Saterdag Bybelskool in Langbroek. Daar kom so 45 jongmense na toe. Die ander is die voltydse Gospel for Europe Bybelskool in Hilversum. Op beide die Bybelskole is daar baie seën en vrug. Marius mag na die kursusse  baie mooi gesprekke hê maar veral ook is hy besig om manne persoonlik te begely en verder te help met dissipelskap, Dit is n groot verantwoordelikheid en laat mens klein voel dat die Here dit van ons vra. Bid vir die broeders wat so persoonlik begelei word.


Kersfees en Nuwe jaar


Ons wil u almal wat nou al vir soveel jaar by ons en ons werk betrokke is, n baie geseënde Kersfees en Nuwe jaar toewens. Baie dankie vir u getroue betrokkenheid en steun. Bid vir ons - die uitdagings is groot en die aanvalle van die vyand ook, maar ons Here is getrou en Hy wat ons geroep het is getrou aan die roeping wat Hy aan ons gegee het. Onthou - u is deel daarvan!