Woensdag 07 September 2016

Nuwe skooljaar van Sept tot Junie word 'n uitdaging!

As mens so voor die nuwe skooljaar in Nederland staan dan is dit duidelijk dat mens baie wysheid, krag en energie nodig het. Dit word 'n besige skooljaar. Ons deel dit omdat ons besonder voorbidding nodig het!

Maandag:

Elke Maandagoggend gaan Marius en Leander Jansen  Veritas (deel 1) gee in Hilversum op die Gospel for Europe voltydse Bybelskool. (Leander is 'n jongman wat Marius wil oplei om uiteindelik die kursus te kan gee).

Op Maandagaande het ons die IKEG Verdiepingskursus in Kinderevangelis
Maandag het ons begin met die IKEG VCK 1 cursus in Ede.
asie werk (VCK 1) wat gehou gaan word in Ede en Lopikerkapel. Die een week in Ede en die ander Lopikerkapel (2x13 weke). Die kursus in Lopikerkapel het ontstaan nadat ons daar reeds 3 jaar die Veritas kursus gee. 'n Deel van die Veritas Kursus is n les oor kinderevangelisasie. Daar het baie belangstelling gekom en het mensen daarvoor gevra.
Dit beteken dat mens eers rond 12 uur snags terug kom.

Dinsdagaande:

Dinsdag het ons begin in Lopikerkapel met Veritas deel 3b.
Op die Dinsdagaande het ons  (Marius en Gerrit van Valen) dan Veritas wat gehou word in Lopikerkapel (deel 3 en) en begin ons 'n nuwe in Eindhoven( deel 1). In Eindhoven wil Marius Robert Bezemer oplei om die kursus te kan gee.Weer kom mens nog later by die huis!

Donderdagaande:

Gaan ons verder met Veritas in Apeldoorn. (3x per maand 2 x mod 4 en 1 x mod 2)

Saterdag:

Hierdie jaar gee Marius saam met Bart Ridderhof elke 2de Saterdag Module 1 by die Filafelfia Bybelskool in Langbroek in die oggend. Smiddags gee Marius alleen module 2 vir die tweede jaars wat verder wil gaan met Veritas.

So tussen deur word bestuursvergaderings gehou, leiding gegee aan IKEG en Veritas en ander verpligtings. Dus ledig sal ons nie wees nie. Wil julle asseblief bid vir wysheid en krag. Maar meer nog dat die  Here vrug sal gee op ons werk.

Bid vir die IKEG team dat die Here die besondere werk wat hulle doen sal seën. Bid vir Marco en José, Gerda en Petra op kantoor en Anneke wat die skoling en klubwerk in Antwerpen in België gee. Dit is n voorreg om met so n span saam te werk.

v.l.n.r. agter: Evert, Bart, Reinout, Leander, Robert, Gerrit
voor Anne, Marius en Bert
Bid ook vir die manne wat Veritas gee. Bid vir Gerrit, Bert, Bart, Reinout, Robert, Anne en Leander. Elkeen gee die Veritas kursus op verkillende plekke. Welkom aan Evert en Leander in die span of soos die Hollanders sal sê - in het team.

Bid asseblief vir ons vir wysheid om die IKEG en Veritas spanne te lei en die medewerkers tot bemoediging te wees in hun dienswerk.