Woensdag 18 Maart 2015

2 VCK 2 cursussen afgerond

Vorige week maandag het ons die kursus VCK 2 na 12 aande afgerond in Apeldoorn. Hierdie week het ons dieselfde kursus ook na 12 aande afgerond in Sliedrecht. In totaal het 12 kursusgangers die opleiding vir gevorderdes afgerond.

Die Verdiepings Cursus Kinderevangelisasie (VCK) 2 gaan oor die gelovige kind en hoe om hom verder te help in sy geestelike lewe. Ook hoe om aandag in die klub te gee aan die gelovige kinders - sou daar enige wees.

Dit het 'n lang tijd geneem om hierdie kursus te voltooi omdat ons die kursus afgewissel het op die maandag aande. Dan in Apeldoorn en die volgende in Sliedrecht. Daarom het ons meer as 24 weke geneem om dit klaar te maak.

Oor twee weke begin ons weer met n kursus in Geldermalsen se omgewing. Weer elke 2e week en ons hoop om na die Europese somervaksnie verder te gaan en dan in November dit af te rond.

Dit was n besondere kursus en die materiaal is baie besonder omdat dit vir ons as gelovige volwassenes ook baie kan beteken.

Bid asseblief vir hierdie mense dat hulle wysheid sal kry hoe om die beginsels in hulle klubs toe te pas.

Op die foto is die groep in Sliedrecht besig en gee Anneke Breet 'n kollega les.

Vrydag 06 Maart 2015

Apeldoorn Veritas 2 afgerond

Gisteraand het ons die voorreg gehad om die 24 deel 2 kursusgangers se sertifikate uit te deel. Dit was die hasegroep - die groep wat elke 2 weke bymekaar kom. Dit was 'n baie besondere groep en nou na 2 en 'n half jaar besig te wees met deel 1 en 2 begin ons sommer volgende keer met deel 3. Dit handel oor die Psalms, wysheidsliteratuur en profete.

Ons is baie bemoedig deur die terugvoering wat ons gekry het. Wat ons baie bemoedig is dat mense sĂȘ hulle lees nou die Bybel baie anders en dit het hulle gehelp om die betekenis beter te verstaan en om dit beter toe te pas op hulle lewe.
Ook die band wat ontstaan tussen die mense is besonder. Een van die vrouens het borskanker gekry tydens deel 2 en het ondanks haar Chemo behandeling en nou bestraling aangegaan!!! Toe sy haar sertifikaat gekry het het daar n spontane aplous uitgebreek. Pragtig die samehorigheid.

Wat baie opval is dat die studie van die 10 gebooie soveel beteken het. Ons het elke gebod bespreek ook in die lig van die gedagte dat ons nie meer onder die wet is maar onder die genade. Het dit nou geen plek in die lewe van 'n Christen nie? (Sien Joh 14:15 en 21 en 1 Joh 5:1-4) Ook die implikasies van die grote Versoendag en hoe die Here Jesus dit vervul het was vir baie besonder.

Ons gebed is dat hierdie mense ook dit wat hulle leer sal oordra aan ander.