Donderdag 16 Januarie 2014

Opelug aksies


Die vrug wat God tydens die verskillende opelugaksies oor die somermaande geskenk het, was duidelik sigbaar. Ons is dankbaar vir die mense wat deur Marius en ander kollega’s by IKEG in die werkwyse van hoe so ’n aksie in die opelug georganiseer en gehou moet word, geleer en geoefen is. Hierdie sake, glo ons is antwoord op julle gebede.

In Kerkrade
Twee Saterdae in Junie het Marius en enkele van die ander spanlede ’n groep van ongeveer ‘n 100 somersendelinge vir die hierdie aksies opgelei. Uit hierdie groep is 8 spanne na Kerkrade om die Evangelie te verkondig. Elke dag is 16 klubs op verskillende plekke, vir 5 dae aaneen gehou! By die laaste aand as afsluiting was daar 150 buitekerklike ouers en kinders teenwoordig. Bid asb vir Jan Bayense wat hierdie spanne gelei het, vir die werk wat hulle in die winterperiode wil voort sit met klubs en ’n moontlike Bybelstudie met die ouers!

In Breda
Vir 5 middae was daar ’n opelugaksie. Selfs op ’n middag toe dit aanhoudend gereën het, het 9 kinders nogtans gekom! Die laaste dag het 4 kinders tot geloof gekom! Die mooi van hierdie aksie is dat dit gelei word deur manne en vroue wat op die Bybelskool was en ’n hart vir kinderwerk het. 6 van die 8 werkers wat tans in Breda woon, het daarheen getrek om in die Katolieke Suide van Nederland ’n getuie te wees. Ons is dankbaar vir wat die Here gedoen het deur hierdie mense en die deel wat ons daaraan het deur ons opleiding. Dit laat mens klein voel.
 
In Apeldoorn (De Maten) was ’n uitreikaksie vir drie dae na mekaar met ’n opkoms van 24-30 kinders! Die Woord is gesaai in kinderharte. Bid asseblief dat die Gees van God die saad sal laat groei. In Apeldoorn (Orde) is daar twee dae 'n uitreikaskie gehou. Die eerste dag was daar 8 kinders en die volgende dag 17.

Ede
15-20 kinders vol entoesiasme het na die aksies op die grasveld in die omgewing gekom. Daar was bekende en ook nuwe gesiggies. Dit is so besonder dat ’n mens deur hierdie aksies kinders bereik, wat verder miskien nooit op ’n ander manier die Evangelie hoor nie!

Antwerpen
36 kinders!!  Anneke Breet vertel (in Nederlands) van hierdie klubs: “Prachtig weer, kinderen die kwamen (kerkelijk en niet-kerkelijk!!!), een fijne sfeer, goede aandacht bij het programma en enthousiaste medewerkers … wat willen we nog meer??? De Heere heeft al jullie (en onze) gebeden verhoord! We voelen ons erg dankbaar. Ik heb van sommige kinderen wat glimpjes uit hun leven gezien (vertelden ze zelf in vijf zinnen). Daar zat een wereld achter van narigheid en grote problemen. Weliswaar kerkelijk, maar wat een ellende … Zulke kinderen hebben het wel erg nodig om (opnieuw) te horen van een God die hoort en verhoort!”
 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking