Woensdag 21 Januarie 2015

Uitdagings in Veritas

Een van die dinge in geestelike  werk is die verrassende wendings wat mens se lewe kan inneem
wanneer die Here besluit Hy gaan iets oor jou pad bring.
Dit het gebeur na september 2014. Skielik het deure oop gegaan om mense te skool om die Veritas kursus te gee op besondere plekke. Dit is nie altyd maklik om mense so aan te trek nie. 

Maar op n besondere manier het die Here n sendeling uit suid-oos Asië (naam noem ek nie uit veiligheids oorwegings) vir 'n jaar na Nederland terug gebring om verder opgelei te word sodat sy daar meer bruikbaar kan wees in haar beroep om 'n visum te kan kry. Maar wat doen sy met al die ander tyd?  Die Heere het haar al lang op ons hart gelê en sy volg nou hierdie jaar die kursus. 

Verder het die Here n jong man wat uit Wallis (Wales - GB) wat as sendeling  reeds 3 jaar in Albanië werk, oor ons pad gebring. Hy het vir n jaar na Nederland gekom om te trou met n meisie wat ons IKEG kursus gevolg het, Haar ma is op ons IKEG bestuur. Marius is gevra om sy mentor te wees in 'n IKEG internet kursus uit Amerika. Wel gou het die gesprek gegaan na die moontlikheid dat hy die kursus in Albanie kan gee. Nou volg hy dit ook. Hy praat en skryf die taal reeds vlot en is baie opgewonde oor die moontlikheid om dit daar aan te gaan bied.

'n Derde persoon het Marius mee kontak gekry toe hy aansoek gedoen het by n sendingorganisasie waar Marius op die keuringskommissie is. Hy is werkloos op die oomblik en werk in Almere en in de Bijmermeer in Amsterdam. Dit is n baie digbevolkte gedeelte in Amsterdam (soos Hillbrow in JHB). Wel hy volg ook nou die kursus. 

Die vierde is n besondere. Johan Josua (ons seun) het Marius gevra om die kursus in hulle gemeente te kom gee. Ons antwoord was ons is te besig ... dus waarom volg jy dit nie en gee dit self daar. Wel nou is hy ook deel hiervan. Arme man - dit is nie makkelik om jou pa as mentor te kry nie!

Dan is Marius besig om Jacob Jan Matze in Duitsland by die Gospel For Europe Bybelskool te begelei as begeleier. In die skool is daar 14 studenten wat n visie het om moontlik en Europa te gaan werk. Hulle volg ook die Veritas kursus. Wie weet miskien is daar by hulle ook mense wat die kursus wil gaan gee waar hulle kom. Wat is die Here besig om te doen? Tyd sal leer.

So kom die Here op n besondere manier en so is die Here moontlik besig om die deure na die res van Europa  oop te maak. Want daar is ook moontlikhede vir België en ook vir Frankryk. Bid vir wysheid en krag want hierdie kursusse moet in Engels gegee word ... 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking