Vrydag 19 September 2014

Leë nes sindroom


Op n manier is hierdie nooit geplaas nie ... dus hierby as nog.

Nou is die nes leeg. Amanda en Marius se laaste voëltjie Johan Josua het op 17 Julie uitgevlieg, maar saam met 'n baie prachtige en liewe skoondogter Leonie.

Gelukkig vlieg die twee voëltjies nog baie in en uit om te kom hallo sê. Ons is baie bly en dankbaar vir haar. Dit lei die begin van n nuwe era in.

Dit was n baie besondere dag en ons was dankbaar vir die mooi getuienis wat daarvan uitgegaan het. In hierdie dae het mens nie altyd die waarborg waar 2 mense bewus kies om hulle lewe saam met die Heere te begin.

Lekker was dit om ook Annamie Storm - ons skoonsus hier te gehad het. Dit was ook besonder om lede van die NKA uit Suid-Afrika ook teenwoordig was. Riaan en Wilna Smit met die kinders, Emelie Hefer met Melindie haar dogter, Barend Hefer met sy verloofde Estelle Smit was ook hier gewees. Dankie almal dit het dit sommer baie spesiaal gemaak.Ons bid die Heere se seën vir Jojo en Leelee toe vir die toekoms.

Met al die mooi dinge, het veral Marius dit maar swaar gehad om te verwerk dat Johan die nes verlaat het. Gelukkig het hy daaroor gekom en gaan dit nou goed. Heerlik om meer tijd ook vir mekaar te hê!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking