Woensdag 30 September 2015

Dankbaar vir besonder geseënde tyd in SA en nou in Nederland begin die werk weer...

Beste vriende en betrokkenes

Ons besoek aan Suid-Afrika

Nadat ons 30 000 km met vliegtuig en kar afgelê het, het die Here ons veilig in Nederland terug gebring. Ons kyk na besondere besoeke, mooi gesprekke en ook dat die Heere die tye dat Marius die Woord kon verkondig besonder geseënd.

Baie dankie vir almal wat hieraan saam gewerk het en vir al die liefde en gasvryheid waarmee ons ontvang is. Ons het ervaar dat die Here deur julle Sy arms om ons heen geslaan het in liefde. Dankie ook aan almal wat opnuut wil bid, wat opofferend finansieel wil bydra terwyl hulle self ook moeilik elke maand uitkom. Dit sorg dat ons n besondere verantwoordelikheid het om goeie rentmeesters te wees met die tyd, werk en geld en gebede wat die Here aan ons toevertrou het.

Nederland
Bybelskool
Die Bybelskool het vorige naweek begin met n afskop naweek. Marius kon  Saterdag oordag en Sondag middag boodskappe bring, Saam met n baie gewaardeerde broers in Christus, Arjan Baan en Bart Ridderhof kon ons terug kyk dat die Here besonder aanwesig was. Ons het met vrymoediheid die Evangelie uitgelê wat die tema van die naweek was.
Bid asb vir die 63 nuwe studente en dosente dat die Here hulle sal ontmoet en vorm hierdie jaar. Marius gee les in Kinderevangelisasie en gevare en stromings in die kerklike wêreld.

Veritas
Veritas het ook weer begin en dit was heerlik om weer om die Woord van God die rykdom te bestudeer.
Bid ook asb vir vrug en groei in ons almal se lewens as ons so by mekaar kom. Op 9 plekke word daar nou weer die die kursus gegee. Wil u bid dat die Here nuwe leiers sal oprig in die verskillende gemeentes? Ons het Dinsdag 6 Oktober as leiers n vergadering om te bespreek hoe ons verder gaan mat Gerrit, Bert, Bart en Reinout. Bid vir n baie geseënde vergadering asb.

IKEG
Dit was ook heerlik om na so n lang tyd weer die IKEG medewerkers en bestuur te sien. Ons is so dankbaar vir so n klein maar toegewyde span. Heerlik is dit om met so n groep saam te werk.
Bid vir oop deure in die bereik van kinders in Nederland. Bid veral vir ons samewerking met ander organisasie wat soms baie moeilik gaan om die regte prinsipes en uitgangspunte te behou. Bid dat IKEG sy edentiteit sal bewaar en vir onderskeidingsvemoë in al die sake. Bid ook dat IKEG se bestuur en span gesamentlik hierdie uitdagings sal kan hanteer en naby die Here bly.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking