Dinsdag 23 Julie 2013

Sake vir gebed


Sake vir danksegging
  • Dank die Here vir die NKA bestuur wat bereid is om agter die werk te staan en die take en verantwoordelikhede op hulle te neem.
  • Dank die Here vir nuwe mense wat hulle aangemeld het om te help.
  • Dank die Here vir reaksies vir finansiële steun.

Sake vir voorbidding
Bid asseblief vir die seën van die Here op die volgende sake:
  • Dat Hy vrug op die arbeid van die Storms sal gee en in hulle liggaamlike, emosionele, geestelik en finansiële behoeftes sal voorsien.
  • Dat Marius deur die genade van die Here die werk sal kan doen en dat hy en Amanda NABY die Here sal bly.
  • Bid vir goeie dissipline en organisasie
      om die verskillende take te kan doen.
  • Bid vir die baie agterstallige admin en boekhouding wat hulle in hulle vakansie moet doen.
  • Bid vir die somer opelug aksies wat orals in die land plaasvind. Vir seën, beskerming en vrug op die werk.
  • Bid vir die Veritas kursus wat ongelooflike belangstelling opwek. Bid vir onderskeidingsvermoë wat ons moet doen en wat ons moet laat.
  • BID VIR ’n HERLEWING in Nederland en ook dat ons bereid sal wees dat dit by onsself begin!
  • Bid vir Emélie & Barend Hefer en die res van die famile in hierdie moeilike tyd.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking