Dinsdag 23 Julie 2013

Hoe is Marius en Amanda tans aan die werk?


Marius en Amanda se werk het oor die afgelope paar jaar in Nederland verbreed en gespesialiseerd geraak. Vroeër was hulleself baie betrokke by kinderwerk in die omgewing waar hulle woon. Hulle bediening is nou meer gerig op opleiding, aangesien die opleiding van kinderwerkers een van die grootste behoefte is. Hierdie opleiding behels om kinderwerkers te leer om kinderwerk op meer Skrifgetroue manier te doen deur hulle te leer:
  • Om die evangelie duidelik te verkondig.
  • Om nie die kinders te vermaak en vanuit die sosiale wetenskappe te benader nie.

Deur op hierdie wyse te werk te gaan, bereik hulle baie meer kinders.

Ons stamlande (Europa) waar ons vandaan kom is besig om weer ’n heidendom te word. Mense soos die Storms word deur die Here gebruik om die gebroke mure van ons voorgeslagte weer te herbou. Bid asseblief vir hulle en ondersteun hierdie werk wat reeds vir 21 jaar deur die Here geseën is.

'n Groep van 50 jongmense word vir
opelugwerk opgelei.
Ook het hulle van die groot behoefte aan Bybelse Leierskap in die kerke en kinderwerk bewus geword. Daarom het hulle ook by die Veritas Bybelskursus betrokke geraak. Die opleiding van kinderwerkers en die Veritas Bybelkursus vul mekaar goed aan. Waar die Veritas kursus aangebied word, gaan die oë vir sendingwerk oop. Daar is byvoorbeeld die afgelope 3 jaar ‘n groep jongmense deur die Veritas kursus begelei. Hierdie somer gaan ’n groep van hierdie jongmense in Breda pionierswerk onder kinders doen.  
Die groep wat in Breda gaan werk.

Daar is ook werkers wat na Switzerland gaan om in kinderwerk opgelei te word as gevolg van die skoling van Veritas en die blootstelling wat dit aan die kinderwerk gee.

Ons is baie dankbaar oor hulle werk en die moontlikhede wat vir hulle oopgegaan het vandat hulle op grond van hulle ervaring, gawes (skoling) en die groot behoefte by die gelowiges hier, begin werk het. Ons sien die seën van die Here nou na 21 jaar op ’n besondere wyse op hulle werk.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking