Dinsdag 23 Julie 2013

Die werksaamhede wat vir ons voorlê


  • Hierdie somer (Jun. –  Aug.) is daar baie opelugwerk wat gehou word. Spanne gaan deur die hele land om kinders te bereik. Hulle is almal deur die skoling van Marius en IKEG mense opgelei. (Hulle verwag om op ongeveer 25 plekke opelugklubs in verskillende stede te hou).
  • Marius gaan in die nuwe jaar (Sept. 2013 – Jun. 2014) op 3, moontlik 4, plekke in Nederland by Veritas kursusse betrokke wees. Elke kursus word elke 2 weke op ’n aand of op Saterdagoggend deur die hele jaar gehou.
  • Die IKEG verdiepingskursusse word vanaf Sept. – Jun. een keer per week vir 13 weke aangebied. Op die lys staan op die oomblik Breukelen en Geldermalsen
  • Marius is dosent by die Filadelfia Bybelskool en bied hierdie jaar (Sept. – Jun.) onder andere die kursusse Evangelisasie,
  • Kinderevangelisasie, Geestelike groei en Dogmatiek (die heilsorde) aan.  Ook gaan hy die Veritas module 3 vir die 3de jaar studente op die Bybelskool aanbied.
  • Marius is met dissipelskap opleiding vir die gevorderde studente van die Veritas kursus besig. Hierdie manne en vroue sien ons as toekomstig leiers in Nederland.
  • Daar is vanuit Suid-Afrika baie belangstelling om gemeentes op te lei om sending – en dan veral kinderevangelisasie – te doen. Bid vir wysheid oor hoe ons hierdie gemeentes kan help, al sou dit beteken dat ons op ‘n volgende besoek skolingskursusse by van die gemeentes kan aanbied.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking