DIE NKA
(NEDERLANDSE KINDEREVANGELISASIE AKSIE)
Die Nederlandse Kinderevangelisasie Aksie (NKA)
bestaan uit gemeentes en individuele gelowiges wat ds. Marius en Amanda Storm
se bediening in Nederland ondersteun. Die Storms is in 1992 na Nederland uitgestuur
om as direkteurspaar van IKEG buite-kerklike kinders met die evangelie te
bereik.
WIE IS IKEG?
IKEG is die Nederlandse tak van CEF (Child
Evangelism Fellowship). CEF werk internasionaal in meer as 175 lande met ±2500
voltydse en ±40 000 deeltydse werkers. IKEG werk al langer as 60 jaar in
Nederland, het ‘n behoudende geloofsverklaring en verkondig die suiwer Evangelie.
IKEG –
DOEL EN WERKSWYSE
Hulle streef om:
- Buitekerklike kinders (en hulle gesinne) met die Evangelie te bereik,
- Die wat bereik word, te ondersteun sodat hulle geestelik kan groei,
- Hulle dan by Bybelgetroue Kerke te laat inskakel.
- Lidmate van Bybelgetroue Kerke aan te moedig, toe te rus en te ondersteun om hul evangelisasieroeping – veral onder ongelowige kinders en tieners – te vervul.

IKEG streef na sy doel deur ook self:
- “Goeie Nuus” en Kerklike klubs, opelug-byeenkomste, saamtrekke, skoolbyeenkomste en kampe te hou,
- Bybelgetroue evangelisasiemateriaal te ontwikkel en te versprei,
- Werkers op te lei vir evangelisasiewerk onder kinders en tieners.
HUIDIGE SITUASIE
Marius en
Amanda se oorspronklike verantwoordelikheid het onder andere organisatoriese en
administratiewe verpligtinge, die bekendstelling van IKEG, opleiding en direkte
kinderwerk ingesluit. Die afgelope paar jaar het Marius se
bedieningsgerigtheid stelselmatig verander. Hy het hom al hoe meer op toerusting
en opleiding toegelê.
Die
verandering is deur verskeie faktore teweeg gebring, onder andere die groot
behoefte aan nuwe geestelike leiers en werkers. Die deurslaggewende was egter
die oortuiging wat in hom gegroei het dat dit die wil van die Here was dat hy
sy tyd en energie aan die toerusting van kinderwerkers en ander gelowiges moet
wy. Dit is noodsaaklik om ‘n nuwe geslag leiers op ‘n Bybelgetroue en
diepsinnige manier toe te rus om weer op hulle beurt die evangelie aan ‘n
verloregaande Europa te verkondig.
Na
onderhandelinge en gesprekke met belanghebbendes het die bestuur van IKEG
besluit om hom van sy administratiewe verantwoordelikhede as direkteur vry te
stel en aan hom toestemming te gee om hom op toerusting en opleiding toe te lê.
In die praktyk beteken dit dat hulle bediening huidiglik op twee bene staan:
- Eerstens hanteer hy die opleiding van kinderwerkers en ander gelowiges wat die evangelie aan kinders verkondig.
- Tweedens bied hy die “Veritas” kursus aan.
WIE IS VERITAS?

WIL U NIE
BETROKKE RAAK NIE?
Die Bybel leer ons dat gelowiges die voorreg en verantwoordelikheid het om mee te werk aan die verkondiging van die Evangelie. Die gemeente in Filippi het vir ons ‘n navolgingswaardige voorbeeld gestel deur die manier waarop hulle:
Die Bybel leer ons dat gelowiges die voorreg en verantwoordelikheid het om mee te werk aan die verkondiging van die Evangelie. Die gemeente in Filippi het vir ons ‘n navolgingswaardige voorbeeld gestel deur die manier waarop hulle:
- Vir Paulus gebid (1:19),
- Hom moreel (2:19-30) en
- Finansieël (4:15-20) ondersteun het.
Daarom het ons die vrymoedigheid om u te nooi om by die NKA betrokke te raak. Wil u nie asseblief vir die Storms en die aksie voorbidding doen en as dit moontlik is, die bediening in Nederland finansieël ondersteun nie?