Maandag 09 Desember 2019



Die grootste uitdagings vir ons as Christene?!



“die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat sal Hy julle verlaat” 
“want die HERE—Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;” 2 Kron 15:2 en 16:9.

Beste familie, vriende en betrokkenes,

Koning Asa  se lewe het besonders begin: volkome gerig en afhanklik van die Here. Die Here het daarom ook groot dinge deur hom gedoen. Selfs ‘n leër van 1 miljoen is verslaan deur Asa se 300 000 manne. Hoe kan dit? ... In 2 Kron. 14:11 sien ons die antwoord: “Here help ons” het Asa gepleit, "want ons is te swak". Hy is volkome afhaklik van die Here. Die Here het ook groot geestelike seën gebring oor Juda, omdat Asa radikaal die Here in gehoorsaamheid gevolg het. 
Ongelukkig sien ons later in sy lewe hoe dit verander het. Hy was nie meer afhanklik van die Here nie, maar gaan self dinge reël en oplossings vir sy probleme soek. Aan die begin van hoofstuk 16 lees ons dat hy die Here vergeet het en self besluite neem sonder om die Here te raadpleeg.

Mens noem dit PRAGMATISME! 

Dit sien ons in die ondergang van die kerk hier in Europa. Dit gebeur wanneer ons nie meer die Here vertrou nie, maar eerder self dinge gaan reël en organiseer. Dit is iets wat mens meer en meer sien in kerke en by gelowiges. Dit laat die kerk kragteloos, omdat dit mensewerk is.

Is ons nog in staat om op die Here te wag om op Sy tyd deure oop te maak en te wag op vrug op die werk wat Hy gee en wat dan blywend sal wees? Wil julle bid dat ons staande sal bly in hierdie moeilike omstandighede, dat ons nie meegesleur word deur hierdie stroom nie.

Ons dank die Here vir die ongelooflike oop deure wat ons het om: 

  • Christene op te lei in hulle werk , veral om die Evangelie te verkondig, 
  • Hulle weer terug te bring na die waarheid van die Woord van God,
  • Hulle voor te berei vir die uitdagings wat Europa gee. 
Marius gee weekliks les op 4 verskillende plekke (6 verskillende groepe en modules) vir Veritas en 2 plekke vir IKEG. Dit maak die week se program redelik vol.


EUROPA!?!

Besef mens wanneer jy hier deur Europa as toeris reis, wat die werklike geestelike toestand is?  Die owerhede begin steeds meer anti-christelike besluite neem om Christene te dwing om te glo wat hulle glo.  Marius noem hulle de Libera-jiste (Liberale vrysinniges) wat net so radikaal word as die Jiha-jiste. Albei dwing mens om te glo wat hulle glo. So word Europa die voorloper in Anti-Christelike geloof om moontlik op so 'n manier alles voor te berei vir die regte Antichris?! 
Mense, dit is ons stamlande waar ons geloof vandaan gekom het en wat nou, hoor ons, ook sy invloed het in ons land en die kerke in SA! Die klein pers landjie by die oranje pyl (op kaart) wys dat Nederland nou reeds saam met 2 ander lande in Europa dieselfde kleur kry as Sjina.  Lande waar meer nie-gelowiges woon as gelowiges t.o.v. die wêreld se grootste godsdienste. Die rooi pyle wys die strome van vlugtelinge uit vernaamlik die Moslem lande na Europa.

Maar die Here is besig om iets hier te doen waarvan ons nie die uiteinde kan voorsien nie. Miljoene “vlugtelinge” uit die mees geslote lande in die wêreld (Afganistan, Iran, Irak, Sirië, Noord Afrika en ook uit Somalië en Eritrea en baie ander lande), stroom Europa binne. Baie van hulle is egte vlugtelinge maar tussen hulle sit die mense wat ‘n beter lewe soek (ekonomiese vlugtelinge) en ook geradikaliseerde Moslems. ‘n Tydbom sê baie mense. Dit is inderdaad so! 

MAAR….

Weet u hoe moeilik dit is om die Moslems te bereik in die lande waar hulle vandaan kom, waar die kontrole so groot is? Die sogenaamde 10-40 venster (dit is die area op die wêreld kaart wat lê tussen die horisontale grade lyne 10 en 40 in die Noordelike halfrond). ‘n Sendeling is sy lewe nie seker as hy daar werk nie. 

Maar wat doen die Here nou? Hy stuur hulle na ons hier in Europa! Nou is hulle los van die kontrole, ontnugter in die Islam wat hulle soveel leed veroorsaak het en kom hulle tussen ons woon! Is dit nie ‘n geleentheid om hulle met die Evangelie te bereik nie? En as die Here hulle red, sal baie moontlik na 5 jaar terug moet gaan en dan kom daar weer Christene die lande binne! 

Marco en José Baan - ons medewerkers is besig met 23 jongmense van Eritrea in ‘n tiener groep!?!
Anneke Breet werk in Antwerpen in België ... die foto sê alles. Moslem kinders kom na 'n BYBELKLUB! Dit is vreeslik wat met die mense gebeur het, maar die Here het moontlik ‘n groter doel. Hulle verlossing! 

Sien Europa en veral die kerke dit? Nee, baie sien alleen die fisiese nood, maar nie die geestelike nood nie, want baie "lidmate" is self nie gelowig al is hulle deel van die kerk! Dus ons bediening het verskillende kante. Wat ‘n uitdaging!



1    1) Na die kerke … waar die vrysinnigheid, liberalisme en sosiale wetenskappe ‘n dodelike invloed het en waar evangelisasiewerk steeds meer horisontaal is – fisiese nood alleen moet verlig word. Om gelowiges toe te rus om staande te bly op die vaste fondament van die Woord van God en om die uitdagings aan te gryp en Evangeliesasiewerk in die kerke te doen.

          2)  Evangelisasiewerk na die Nederlandse ongelowiges buite die kerke – veral die kinders.

       3)  Die nuwe uitdaging – die Moslems wat hier is en meer oop is vir die Evangelie as die mense wat in die lande agter gebly het. As hulle die Here leer ken sal hulle na 5 jaar as sendelinge weer na hulle eie lande kan terug gaan! 
Ons begin nadink hoe ons Nederlandse gelowiges kan oplei om oë te kry om ook die mense wat tussen ons woon te bereik. Bid daarvoor asb. Ons is ook besig in Veritas - So is iemand besig om met die voorbereidings om Arabiese manne deur Veritas 1 te neem met ‘n Arabiese handleiding, terwyl hy Engels praat. 


IKEG het ‘n baie mooi evangelisasie boekie, “een beter lewe” wat van links na regs Nederlands is en van regs na links in Arabies en Farsi geskryf is. (Dit gaan oor Abraham en sy ware geloof in die Messias wat kom.) Hoe kan mens uitreik na jou Moslem bure is nuwe uitdagings vir ons..


Op die Saterdag Bybelskool (met 80 studente) kon Marius 2 Saterdae praat oor die Evangelie en nuwe strome wat die Evangelie verkondiging weg trek van die waarheid. Die derde Saterdag het hy hulle geleer wat die belangrikste elemente is in die verkondiging van die Evangelie na aanleiding van kleure. Die doelgroep is die kinders. Op die foto sien u van die studente besig om die Evangelie aan mekaar uit te lê. Die middag het Marco Baan die studente ‘n beeld gegee van hoe belangrik dit is om kinders te bereik. Marius het smiddags ’n Veritas 2 groep wat hy begelei. 
Soos die Here Jesus gesê het: “So lank dit dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom wanneer niemand kan werk nie” (Joh. 9:4). Dit geld beslis vir ons ook vandag! Ons merk hier hoe die duisternis oor Europa toevou, maar daar is ook die helder lig waar die ou “vergete” Evangelie weer verkondig word. Bid asseblief vir ons - ons het dit nodig.

Ons wens u ‘n Geseënde Kersfees en Godvrugtige 2020 toe.
Baie dankie vir u betrokkenheid en steun oor al die jare. Ons waardeer dit opreg.

Marius en Amanda Storm