Beste Familie en vriende
Laas jaar sou ons Suid-Afrika besoek, maar
ongelukkig het Marius simptome getoon dat sy Hodgkin(kanker), moontlik
terug is, maar dit het in ondersoeke daarna uitgewys dat dit gelukkig nie só was
nie. Ons dank die Here daarvoor! Ons is weer ‘n jaar verder en daarom beplan
ons om tog DV hierdie jaar te kom. (19 Aug tot en met 22 September.) Dankie aan
almal wat bereid is dat Marius daar kan kom preek en so ook die verskeie gemeentes
te besoek.
Hier is ons program en ons hoop om julle by
die eredienste te sien. As julle in die buurt is kom gerus langs ons sal julle
graag weer wil ontmoet.
Kyk ASB op ons blog, want sou daar veranderings
en toevoegings kom dan plaas ons dit daar. Stormpies.blogspot.com
Hier is DV die eredienste soos dit nou bekend is: -
1.
23 Augustus Brakpan GP kerk Jim Vinninglaan 17 om 9.00
2.
6 September Bonnievale NG kerk in die Kaap – om 9.30
3.
13 September AP kerk Pretoria-Oos om 9.00
4.
20 September NG Vanderbijlpark Suid 9.00
22 September vlieg ons DV weer terug.
As julle met ons kontak wil maak doen dit gerus
via:
Epos: stormpies@gmail.com
Whatsapp:
+31627402628 – (Ons het ook ‘n SA nommer maar die gee probleme. Sodra dit
herstel is sal ons dit ook hier plaas.)
Ons sien uit om julle te bemoedig en om
bemoedig te word deur ons ontmoetings met elkaar.
Paulus skryf in Romeine 1
aan die Romeinse gelowiges en dit is ons gebed vir hierdie tyd:
11 Want ek begeer om julle te sien, sodat ek die een of ander geestelike gawe met julle kan deel om julle te versterk – 12 of eerder, dat wanneer ek by julle is, ons wedersyds deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle geloof en julle deur myne. Rom1:12-13
Met baie groete
In Hom verbonde
Marius en Amanda Storm in Nederland.
