Dinsdag 23 Julie 2013

Van Daniël en Estie


Liewe, liewe almal, 

Ons weet dit is maar net 'n klein blyk van waardering om julle so te bereik om julle onbe-skryfbaar dankie te sê vir al die ondersteuning by ons troue. 

Die liewe briefies, die persente, geldbedrae, kaartjies, groete, boodskappe wat Pappa en Mamma gesê het, ens. ens. ens. Ons sal nie genoeg kan sê hoe ons dit waardeer het nie. Dit was so baie besonder en spesiaal. Dit gee herinneringe wat ons nooit sal vergeet nie. Dit was oorweldegend en te veel!!

Ons het baie van die Afrikaanse familie, vriende en bekendes gemis, ons was dankbaar dat Oom Christie en Tannie Annamie en Oom Hendrik by kon wees. Ons hoop om baie van julle binnekort weer te sien, ons wil regtig binnekort in Suid-Afrika kom kuier, sodat Daniël julle ook kan ontmoet.  

Lief vir julle, mis julle, bid vir julle en dink aan julle. Baie, baie dankie vir alles wat julle doen en beteken vir ons en die familie. 

Met al ons liefde,
Daniël en Estie. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking