Dinsdag 23 Julie 2013

Werkswyse van die NKA

Die NKA is die tuisfront kommittee wat 23 jaar gelede, toe Marius en Amanda na Nederland vertrek het, gestig is.  Dit is steeds die kommittee se doel om Marius en Amanda by te staan en te ondersteun met hul werk in Nederland. Dit gebeur deur voortdurend aan hulle morele ondersteuning te gee, asook deur gebed en die verspreiding van gebedsversoeke. Die NKA is verder verantwoordelik vir kommunikasie met Suid-Afrikaanse ondersteuners om hulle in te lig oor die werksaamhede van Marius en Amanda en hoe dit met hulle gaan. Op finansiële gebied monitor die NKA die geld wat deur Suid-Afrikaanse ondersteuners gegee word en sorg vir die maandelikse oorplasing van fondse na hul Nederlandse rekening.  Die NKA is behulpsaam met logistieke reëlings as hulle Suid-Afrika besoek en help om groepe te identifiseer waar Marius in Suid-Afrika kan optree.     

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking