Maandag 27 Junie 2016

IKEG Europese konferensie

In Mei het ons de voorreg gehad om weer saam met ons medewerkers uit die hele Europa mekaar by die 3 jaarlikse konferensie te ontmoet.

Dit was n geseënde tyd, gevul met goeie onderwys uit die Woord van God, bemoedigende boodskappe en ook ‘n bewuswording van die hoeveelheid mense wat nog met die Evangelie bereik moet word in die verskillende lande van Europa. Die geestelike nood is groot en die kerke lyk steeds minder in staat te wees om uit te reik na die groter vyandig wordende samelewing.

Die verskille is ook groot tussen Wes en Oos Europa. Wes Europa waar ons  geestelike erfenis oorspronklik vandaan gekom het, word seker die grootste post moderne heidendom. Die vyandigheid na ons as Christene word steeds groter en feller. In Oos Europa is daar baie geleenthede met baie oop deure, maar die finansiële nood daar is weer groot. Dikwels werk kollega’s daar onder moeilike omstandighede en baie armoede. Dit is ook nie meer vreemd om te hoor dat werkers gearresteer en ‘n sekere tyd en selfs jare in die gevangenis moet deurbring nie. Dit gebeur meestal in die Moslem lande van die Sentraal Asiatiese republieke. 

Ons het 'n stad uit elke land aangewys waar ons op wil fokus vir die volgende jaar. Nederland kies Eindhoven. Op die foto bid ons rondom die kaart van Europa en is daar liggies geplaas op die plek waar die stede is, waarheen ons wil uitreik. Hierdie aksie word die “City Kids” projek genoem, met slagspreuk: “Every child for every city in every Nation”. Bid u saam met ons vir geseënde uitreikaksies?

Want ons harte is weer en weer aangeraak deur n dubbele geestelike nood, wat groter en groter word: Eerstens is daar die verval BINNE die kerke en dan is daar die afval van die mense “daar buite”, die mense wat nie meer die binnekant van ’n kerk ken nie of wil ken nie. Mense wie Christus heeltemal nie ken nie.

Maar die “fellowship”/koinonia was vir ons opbouend en het ons met nuwe moed laat terug keer na huis. Dit was baie lekker om saam met die IKEG werkers daar te kon wees en om weer Johan en Rita Bloemhof  (Suid Afrikaanse kollegas, werksaam in Frankryk) te sien en ons het sommer baie lekker in Afrikaans gekuier.

Woensdag 15 Junie 2016

Veritas groep in Apeldoorn voltooi module 3

Ons kan dit nie wegsteek nie! Ons wil dit ook nie geheim hou nie…die gevoel van trots soos ’n vader oor sy kind wat so goed presteer nie! Hierdie is maar ’n beeld om die volgende goeie nuus met u te deel:
Hierdie groep is ’n bron van dankbaarheid en bemoediging vir Marius en vir ons: Hierdie pragtige groep in ons tuisgemeente hier in Apeldoorn. Mense wat geen formele Bybelskoolopleiding het nie, manne en vroue wat vol in die lewe staan met loopbane, studie en gesinne, gepensioeneerdes of huisvroue:  Na vier jaar se getroue bywoning en studie het 19 kursusgangers hulle Veritas module 3 afgehandel! (Op die foto sien u hulle nadat hulle elkeen die sertifikaat in ontvangs geneem het.) Hulle toewyding is op hulle beurt vir ons tot inspirasie. Die groep deel ook lief en leed met mekaar! So bind dit mense met verskillende persoonslikhede en ook verskillende ouderdomme aan  mekaar in die Gees. nader aanmekaar bring en deur die Liefde van Christus aan mekaar verbind. So het ons ook hierdie PRAGTIGE bos blomme as geskenk gekry. Dit is werklik besonder, aangesien daar ’n lieflike geur in ons sitkamer versprei word. Nog nooit het ons blomme gekry wat so lekker ruik nie! Dit laat ons ook dink aan die volgende teks in 

Ef 5:2 “….en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n liefllike geur

Sal u asb saam met ons bid dat almal ook sal besluit om die laaste module te volg. Dit is module 4 en die Evangelies word behandel sowel as die geskrifte van Johannes, wat natuurlik ook Openbaring insluit.

Die Here seën werklik oorvloedig, want nadat Marius die kinderevangelisasie kursus in Eindhoven aangebied het, is daar nou ook belangstelling vir Veritas. Donderdag, 16/06 is daar ’n bekendstellingsaand om te kyk of daar genoeg belangstelling is om in September, aan die begin van die nuwe skooljaar met Module 1 weer daar te begin. Sonder enige twyfel is ons weer van u gebede afhanklik. Gebed dat die Here die mense se harte sal voorberei met entoesiasme vir Sy Woord en om te wil leer om dit persoonlik beter te kan verstaan en toe te pas...

Woensdag 01 Junie 2016

IKEG kinderkamp

Wat was dit vir ons heerlik om so 'n 40 kinders op ons jaarlikese kinderkamp te kon verwelkom. Die span leiers het tot groot seën van die kinders hulle ingesit om die kinders te bereik. Ons is so bly om te sien dat Johan Josua en Leonie en van hulle "soldiers" vriendekring ook daar aanwesig was as leiers. Ook is dit n groot bemoediging geweest om te sien dat Kees Wisserhof wat  'n ou Bybelskool student was, ook as leier gehelp het. Ook ou VCK (Verdiepingskursus Kinderevangelisasie) studente was aanwesig en oud Suid-Afrikaanse kerk lidmate Deon en Nonna Gericke en Suzette  Daneelwas ook in die kombuis werksaam.
Marjan Verkerk, 'n IKEG bestuurslid het die Bybelverhale vertel en twee van die kinders het die naweek gekom en gevra hoe hulle ook in die Here Jesus as Verlosser kan glo.
Bid dat die Here die naprediker van Sy Woord sal wees.
Daar is altyd met so n kamp behoorlik baie stryd. Hierdie keer ook. Iemand wat saam met Marjan die verhale sou vertel het, het siek geword. Maar die Here het ondanks dit besonder gewerk en was die kamp baie geseënd.


Maandag 04 April 2016

Eerste Veritas 4 groep in Nederland afgestudeer en sertifikate behaal.

Piet, Dinant, Reinout, Gertine, Gerrit, Arne, Machiel en Frank.
Dit was besonder om die jare met julle saam te groei!
Marius het 7 jaar gelede begin om by de Filadelfia Bijbelschool in Langbroek  die Veritas module 1 kursus te gee. Van de eerste groepe het hy gevra of van hulle nie verder wil gaan nadat hulle die Bybelskool voltooi het nie. Aanvanklik het 12 begin.

Maar die mense in die foto het vir bijna 4 jaar getrou elke tweede Saterdag saam gekom en hierdie kursus bygewoon en nou voltooi. (Frank het later by ons aangesluit)  Hulle het voorberei en die band tussen ons het baie sterk geword. Heerlik is dit om besig te wees met klein groepe. Ons samelewing en die kerke is beheb met getalle en massas. Is mens nog bereid om jou tyd en energie te steek in die kleine groepe. Dit het so n impak op mens se lewe. Ons gaan dit mis om nou nie meer so saam te kom nie. Ons het by hierdie laaste by mekaar kom grondig gekyk na Open 20. Soos iemand teen my gesê het ... dit was 'n "eye opener"vir hom. Daarvoor is ek baie dankbaar.

Ons het begin met n nuwe groep van 11 wat nou besig is met module 2. 'n Baie toegewyde groep. Dank die Here daarvoor en bid saam dat hulle ook die eindstreep sal haal.

Bid saam met ons want Marius is spesifiek gevra om ook in Eindhoven die kursus te gee. Hy het een van die personen op die foto gevra om hom te help. Bid dat die Here dit sal bevestig en tyd en deure oop te maak daarvoor. Daar is ook n baie toegewyde  jonge voorganger en hy kom uit Colombia en wil help om die cursus in Spaans te ontwikkel en wie weet dit moontlik in Suid-Amerika te gaan gee.

Mooi is dit ook om te weet dat van die oorspronklike groep van 12 Bert, Bart (nie op die foto) en Gerrit en ook Reinout (op die foto) nou help om die kursus te gee op verskillende plekke in die land. Dit is besonder om te sien hoe die Here hierdie mensen gevorm het en opgelei het om leierskap te toon en hoe hulle nou verder ontwikkel om hulle gawes tot beskikking van die Here te stel.

Dinsdag 08 Maart 2016

Stormpies in die land van die reuse?!

Veritas 

Het Marius skielik gegroei? Nee hoor, toe die foto geneem  moes word het dit soos rugby pale gelyk. Hulle het n stoel nader gesleep en daar is dit nou. Hy is die langste - net - net. Vir die oplettende kyker sal mens die stoel sien uitsteek.

Hierdie is n groep manne saam met wie ons werk in Vertas. Dit is bestuurslede en manne wat saam les gee.

Van die begin het Marius homself afgevra wat die bedoeling is dat die Here ons gestuur het na die land van die reuse. (Nederland is die 2de langste bevolking in die wêreld.) Maar wanneer mens tussen sulke manne staan dan is hulle geestelik nederig en is mens nie van hulle lengte bewus nie. Gebroke en gevorm deur die genade van die Here. 'n Voorreg om saam met hulle te kan werk.

Bennie en Moira Wolvaardt (internasionale leiers van Veritas het ons kom besoek - regs op foto) en toe het hulle hierdie foto geneem. Hulle was ook beïndruk met hierdie medestryders.

Ons wil julle vra om vir hierdie manne te bid, vir die werk van wat hulle doen en dat ons almal so naby aan hom kan bly.

IKEG
Dieslefde is waar van die IKEG span. Nou vir baie jare is ons saam aan die werk. Ons is innig dankbaar vir elkeen hier. Op die foto is ons saam met Gerd-Walter Buskies (Europese directeur achter in die middel op die foto) en Henry Berry Suid-Wes Europa leier regs op die foto.)

Hierdie mense is besig om hard te werk as span om die Evangelie te bring onder kinders en volwassenes!
Moet asseblief nie ophou om vir ons te bid nie. Dit word n baie groot uitdaging om hier die woord te verkondig en gelowiges op te lei.

Ook merk ons steeds meer dat die evangelie nie meer verkondig word nie en dat steeds meer mense eerder gerig is dat dit lekker vir die kinders moet wees. Aan die kinders word gegee wat hulle wil hê en nie wat hulle nodig het nie.

Mense gebed is so nodig asseblief. Ook vir my en Amanda persoonlik. Die uitdagings is groot en die stryd is heftig, maar die Here is getrou en vol genade.

Woensdag 24 Februarie 2016

Toring van Babel in Nederland met ons skoling?!

Die afgelope 9 maande het vir nogal n baie vrugbare en besige tyd gesorg. Die mense waar ons les voor gee is baie besonder en uniek.


IKEG het gesorg dat ons besig bly.

Op drie plekke is ons besig die Verdiepings Kursus Kinderevangeliesasie VCK te gee. (Sliedrecht in die middel van Nederland, Broek op Langedijk in die Noorde en ook Eindhoven in die Suide) Elke Kursus bestaan uit 12 aande en dit is nogal 'n opgawe om dit te doen.

Wat ons getref het is dat daar soveel verskillende nasionaliteite betrokke is. Dit is n uitdaging wanneer mens les gee. Natuurlik is die meeste Nederlands, maar op 2 plekke (Eindhoven en Broek op Langedijk) vra die kursus vir ekstra inspanning. Daar moet soms tussendeur vertaal word, want nie almal praat ewe goed Nederlands nie. Dit is 'n klein toring van Babel - net hier ken almal die Here.

As mens na die kursus gangers kyk dan bestaan hulle uit nogal n verskeidenheid van nasionaliteite! (Nederland, Spanje, Indonesië, Poland, Dominikaanse Rep., Colombia,  Suid- Afrika , Nigerië, Portugeessprekende lande uit Suid-Amerika. Dit vra baie omdat mens eenvoudig moet praat en ook wanneer die demonstrasie gehou word dan is dit vir sommige van die mense moeilik om dit in Nederlands te doen. (EN ons Spaans, Potugees, Iindonesies en Pools is ook maar beroerd). In Eindhoven het ons die kleinste kursus ganger ooit gehad - 1 week oud en hy het hom keurig gedra!) Besonder is dit dat die moeder so toegewyd is dat sy nie die lesse wil misloop nie en dan tog weer kom.

Ook het Marius in Goes en Middelbrug (Suid-Wes Nederland) gepraat oor die evangelie en hoe mens dit aan kinders oordra. Dit is ver ry vir Nederlandse standarde - byna 3 uur. Dit was baie geeënd. Dankie vir julle gebede!

Wat Veritas betref gee ons nog elke donderdag in Apeldoorn les aan n hase groep (20) en n slakke groep (11). 

Die hase kom elke 2e week bymekaar en die slakke groep een keer 'n maand. Wat vir ons bemoedigend was, is die feit dat van die mense wat die Veritas kursus gevolg het of nog volg, is daar nou ten minste 8 persone wat in die kerkraad dien as kerkraadslede! Dit glo ons gaan n baie goeie invloed in die kerkraad hê. Dit beantwoord ook aan die doel van Veritas dat ons die kerk wil dien en leiers oplei.

In Langbroek het Marius weer begin met n nuwe groep studente. (12) Hulle kom uit die verskillende jare van die Bybelskool en het nou met module 2 begin.

Dan het die groep in Lopikerkapel nou net afgesluit met module 2 en gaan ons verder met module 3. Elf van die groep gaan verder na module 3 toe. Op die foto kan u sien hoe hulle die sertifikate vashou.
Dit was n lang skof van meer as 18 maande! Dit is baie besonder dat mense wat nou reeds byna drie jaar besig is met die opleiding tog verder gaan.
Hierdie kursus is vir ons baie bemoedigend. Want daar ontstaan n band. Dit is besonder en kosbaar. Bid asseblief vir wysheid en krag om hierdie opleiding onder die beheer van die Heilige Gees te gee. Bid ook vir Gerrit van Valen wat Marius in Lopikerkapel help.


Maandag 15 Februarie 2016

Vlugtelinge na Europa - God se oordeel of seën of miskien albei?

Ons is seker dat u op hoogte is van die miljoene vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Noord Afrika na Europa. Wat dit inhou sal nogal radikale gevolge vir ons kan hê. Ons begin dit al merk. 'n Wêreldbekende Christen leier het n baie waar ding gesê - is God nie besig om Europa wat openlik God verwerp en weg wil hê uit sy grondwet oor te gee aan die Islam? Rom1:18 en verder is duidelik dat die mens wat homself willens en wetens die mens in die plek van God plaas, deur God oorgegee word aan losbandigheid en om dan maar die leuen te glo en Sy oordeel te ervaar.(2Thes 2:11-12)

Tog het dit n ander kant ook. Dit is dat die Here die Islam oopbreek (soos met die kommunisme) en nou het ons die moontlikheid om mense te bereik wat nooit die Evangelie sou hoor nie! Ons glo beide die aspekte is waar - God gaan die selfversekerde Godonterende kontinent onder Sy oordeel bring maar ook vir ons as gelowiges is dit n tyd van harde werk, want nie net die vlugtelinge maar ook die ongelowige Europeërs raak onseker en oop vir die Evangelie. Ons hoor van steeds meer bekeerlinge onder die vlugtelinge. Ons vertrou dit is eg en nie net sodat hulle hier n verblyf status kan kry nie.  Prys die Here want onder hulle sal daar beslis opregtes wees! Ons bid vir die bekering van die Europeërs want onder hulle sien ons eerder n verharding teen die evangelie en God.

So het die Here Amanda duidelik gelei om een van hulle te help om by die tandarts te kom. Ons het nou n tel nommer en naam. Bid vir wysheid hoe ons hom verder kan help. Hij kom uit Afganistan.


Praktiese implikasies vir ons:

  1. Mens se hart gaan uit na die egte vlugtelinge. Baie moes hals oorkop alles agter laat en vlug. Veral die Christene daar tussen raak mens diep. Bid dat die Here Sy kinders sal beskerm en in kontak bring met gelowiges hier in Europa.
  2. Bid dat die Here die ander vlugtelinge ook tot Hom sal bring deurdat hulle die evangelie sal hoor en in die enigste Redder van hun sonde sal glo. (Onlangs is 37 vlugtelinge gedoop!)
  3. Maar tussen die vlugtelinge sit baie jong manne waaronder baie wat geradikaliseer is in hul geloof en geen respek het vir 'n ander geloof en veral nie vir vrouens nie! Hoe onderskei mens tussen die mense? 'n Menslik onmoontlike taak! Dit word n groot probleem soos wat dit duidelik geword het oor die jaarwisseling in Köln en baie ander plekke. (Oor die 700 sake van betasting, diefstal en selfs verkragting is by polisie aanhangig gemaak - almal jonge manne wat dit in die openbaar gedoen het!)
  4. Hulle het al IS handleidings op internet gekry oor hoe om jou voor te doen as Christen (selfs kruise te dra as dekmantel) en hoe mens aanslae kan pleeg spesifiek op Christene en kerke! Dus die tyd van "rus en vrede" in Europa is waarskynlik getel. In n land waar niemand n wapen mag hê as beskerming kan julle julle voorstel dat mens letterlik "sitting ducks"is as daar n aanslag gepleeg word, want hulle smokkel AK's maklik binne.
  5. IKEG het 7000 Evangelisasie boekies vir kinders oor wie Jesus is en hoe om in Hom te glo en 7000 Lukas Evangelies, om uit te deel. Bid dat dit uitgedeel sal word vir die regte mense en dat mense tot geloof sal kom!
Gebedspunte

  • Bid vir ons beskerming hier met die bedreiging van die Islamisering van Europa.
  • Bid asb dat die 7000 boekies van IKEG by die regte mense uit sal kom en vir bekerings.
  • Bid dat ons oop deure sal kry na hierdie vlugtelinge wat egte vlugtelinge is en hoe ons persoonlik hierin kan help.
  • Bid vir beskerming van Christene in die opvang sentrums waar steeds meer verhale na vore kom van vervolging deur ander vlugtelinge al is hulle hier in "veilige Europa". 
  • Bid dat die Here hierdie onsekere situasie sal gebruik om die ongelowige Europeërs en by name in Nederland tot geloof te bring.

Donderdag 04 Februarie 2016

Geestelike leiding gee aan Skape of Bokke?!

Die afgelope 2 naweke het Marius die voorreg gehad om by 3 werkswinkels te praat van die landelike opleidingsdae vir jeugleiers  van die Christelike Geref kerke in Sliedrecht en Urk.  Meer as 100 jeugleiers en Sondagskool leiers  het dit bygewoon.

Die onderwerp het nogal baie reaksies en gesprekke tot gevolg gehad. Die vraag wat sentraal gestaan het is waar rig mens jou op in jou bediening in die gemeente. Verlore skape te soek of "entertainment" te gee vir die bokke. Word die evangelie nog duidelik verkondig of laat mens jou beïnvloed deur uitgangspunte van die sosiale wetenskappe wat nie wil dat mens moet praat oor sonde, skuld en verlorenheid maar meer oor hoe mens beter kan voel oor jouself en hoe jy jouself kan ontplooi of self verwesenlik.
Die groot groep wat aanwesig was

Nogal n ander boodskap as wat Jesus verkondig het. Sy boodskap was die teenoorgestelde - dat ons as gebroke sondaars ons moet bekeer en in Hom moet glo as  Verlosser van ons sonde en as ons agter hom aan wil kom ons onsself moet verloën! Hierdie ander evangelie is die grootste oorsaak dat Europa die grootste sendingveld in die wêreld word.
Wel was die geweldige positiewe reaksies baie bemoedigend.
n Paar aanhalings van eposse wat ek ontvang het na die toesprake:

"Ik was zaterdag in uw lezing over schapen en bokken.
Ik ben onder de indruk geraakt, het heeft mijn hart weer opnieuw gaande gemaakt met het lot van onze kinderen en jeugd."


"Ik wil je bedanken voor de eerlijke workshop van afgelopen zaterdagavond.
Het was of de Heere via u tot mij sprak en mij de juiste handvaten aanwees (aanwys) om het evangelie aan de jongens van de vereniging (12+) bekend te maken.
De dingen die wij als succesvol en juist zagen (gesien het) werken juist de bokken en onze eigen ego in de hand, en dit zijn nu juist de zaken die opbouw van de schapen in  Jezus in de weg staan."


Marius besig met 'n
werkswinkel ( 3 keer 15-25 mense)
Uit hierdie en ander reaksies merk ons iets van die woorde van de Heere in Amos 8:11 en 12. Mense soek na die Woord van die Heere en nie menslike filosofië nie, maar hoor ongelukkig nie duidelike Bybelse beginsels uit Gods Woord nie. (Helaas het ek baie in SA met mense gepraat waar dieselfde klagte na vore gekom het.) Ons is dankbaar dat hier en ook daar in SA nog baie smag na die onvervalsde melk van die woord van God. 
Ook is ons dankbaar vir de getroue predikante en ampsdraers wat aan die Woord getrou is en dit bely en so verkondig. 

GEBEDSPUNTE:


  1. Bid dat die ware gelowiges nie sal ingee aan die druk om ter wille van getalle en sogenaamde 'sukses' Bybelse waardes sal prys gee nie.
  2. Bid vir die geleenthede wat ons kry om gelowiges op te lei op verskillende plekke in Nederland vir seën.
  3. Dat ons standvastig sal bly in Sy Waarheid.
  4. Bid vir u geestelike leiers ook! Ook hier vir die geestelike leiers.


Woensdag 30 September 2015

Dankbaar vir besonder geseënde tyd in SA en nou in Nederland begin die werk weer...

Beste vriende en betrokkenes

Ons besoek aan Suid-Afrika

Nadat ons 30 000 km met vliegtuig en kar afgelê het, het die Here ons veilig in Nederland terug gebring. Ons kyk na besondere besoeke, mooi gesprekke en ook dat die Heere die tye dat Marius die Woord kon verkondig besonder geseënd.

Baie dankie vir almal wat hieraan saam gewerk het en vir al die liefde en gasvryheid waarmee ons ontvang is. Ons het ervaar dat die Here deur julle Sy arms om ons heen geslaan het in liefde. Dankie ook aan almal wat opnuut wil bid, wat opofferend finansieel wil bydra terwyl hulle self ook moeilik elke maand uitkom. Dit sorg dat ons n besondere verantwoordelikheid het om goeie rentmeesters te wees met die tyd, werk en geld en gebede wat die Here aan ons toevertrou het.

Nederland
Bybelskool
Die Bybelskool het vorige naweek begin met n afskop naweek. Marius kon  Saterdag oordag en Sondag middag boodskappe bring, Saam met n baie gewaardeerde broers in Christus, Arjan Baan en Bart Ridderhof kon ons terug kyk dat die Here besonder aanwesig was. Ons het met vrymoediheid die Evangelie uitgelê wat die tema van die naweek was.
Bid asb vir die 63 nuwe studente en dosente dat die Here hulle sal ontmoet en vorm hierdie jaar. Marius gee les in Kinderevangelisasie en gevare en stromings in die kerklike wêreld.

Veritas
Veritas het ook weer begin en dit was heerlik om weer om die Woord van God die rykdom te bestudeer.
Bid ook asb vir vrug en groei in ons almal se lewens as ons so by mekaar kom. Op 9 plekke word daar nou weer die die kursus gegee. Wil u bid dat die Here nuwe leiers sal oprig in die verskillende gemeentes? Ons het Dinsdag 6 Oktober as leiers n vergadering om te bespreek hoe ons verder gaan mat Gerrit, Bert, Bart en Reinout. Bid vir n baie geseënde vergadering asb.

IKEG
Dit was ook heerlik om na so n lang tyd weer die IKEG medewerkers en bestuur te sien. Ons is so dankbaar vir so n klein maar toegewyde span. Heerlik is dit om met so n groep saam te werk.
Bid vir oop deure in die bereik van kinders in Nederland. Bid veral vir ons samewerking met ander organisasie wat soms baie moeilik gaan om die regte prinsipes en uitgangspunte te behou. Bid dat IKEG sy edentiteit sal bewaar en vir onderskeidingsvemoë in al die sake. Bid ook dat IKEG se bestuur en span gesamentlik hierdie uitdagings sal kan hanteer en naby die Here bly.

Donderdag 03 September 2015

God is Liefde?! Preek (Rom 5:7-9)

Soos belowe plaas ons hier die link na die preek oor die liefde van God wat gehou is in Vanderbijlpark Suid gemeente.
Ons hoop u sal hierdeur gemoedig word en dat die verkeerde menings oor die liefde van God vir u duidelik sal word.
https://soundcloud.com/stormpies/audio-opname-2015-08-16-09-23

Woensdag 02 September 2015

Geseënde besoek aan Suid-Afrika kom nader aan einde

Dit het so gou gegaan. Ons kan dit byna nie glo nie. 3 maande is byna verby. As die Heere wil dan vlieg ons Maandag 7 September terug na Nederland.

Aan almal wil ons net BAIE dankie sê vir al die liefde en bemoediging. Ons gaan moeilik weg maar ook met motivering, want die uitdaging is baie groot. Ook vir die besondere terugvoering wat ons gekry het oor dit wat ons gedeel het. 
Ons plaas hier 'n link na die preek wat Marius In Kerk Sonder Mure in Pretoria moes hou oor die gesin en gebed.
Ons sal nog probeer om ook die boodskap oor die Liefde van God" waar baie voor gevra het ook op die wegsite te plaas. Dus hou hierdie bladsy dop.

Bid asseblief omdat ons terug gaan en dadelik begin met 'n baie besige program en vir die nader komende winter wat vir ons wag :(

Vrydag 21 Augustus 2015

Sondag om 18.30 erediens in NG Brakpan Wes NG Kerk.

Aangesien dit nie op ons agenda verskyn nie, omdat dit toe nog nie bekend was nie noem ons dat hierdie Sondag aand ek voor gaan in n diens in N G kerk Brakpan Wes om 18.30. As ons nog nie kans gehad het om mekaar te ontmoet het nie sal ons dit baie graag wil doen want Maandag vertrek ons DV uit Brakpan na Pretoria en daarna weer DV terug na Nederland op 7 Sept.