Maandag 15 Februarie 2016

Vlugtelinge na Europa - God se oordeel of seën of miskien albei?

Ons is seker dat u op hoogte is van die miljoene vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Noord Afrika na Europa. Wat dit inhou sal nogal radikale gevolge vir ons kan hê. Ons begin dit al merk. 'n Wêreldbekende Christen leier het n baie waar ding gesê - is God nie besig om Europa wat openlik God verwerp en weg wil hê uit sy grondwet oor te gee aan die Islam? Rom1:18 en verder is duidelik dat die mens wat homself willens en wetens die mens in die plek van God plaas, deur God oorgegee word aan losbandigheid en om dan maar die leuen te glo en Sy oordeel te ervaar.(2Thes 2:11-12)

Tog het dit n ander kant ook. Dit is dat die Here die Islam oopbreek (soos met die kommunisme) en nou het ons die moontlikheid om mense te bereik wat nooit die Evangelie sou hoor nie! Ons glo beide die aspekte is waar - God gaan die selfversekerde Godonterende kontinent onder Sy oordeel bring maar ook vir ons as gelowiges is dit n tyd van harde werk, want nie net die vlugtelinge maar ook die ongelowige Europeërs raak onseker en oop vir die Evangelie. Ons hoor van steeds meer bekeerlinge onder die vlugtelinge. Ons vertrou dit is eg en nie net sodat hulle hier n verblyf status kan kry nie.  Prys die Here want onder hulle sal daar beslis opregtes wees! Ons bid vir die bekering van die Europeërs want onder hulle sien ons eerder n verharding teen die evangelie en God.

So het die Here Amanda duidelik gelei om een van hulle te help om by die tandarts te kom. Ons het nou n tel nommer en naam. Bid vir wysheid hoe ons hom verder kan help. Hij kom uit Afganistan.


Praktiese implikasies vir ons:

  1. Mens se hart gaan uit na die egte vlugtelinge. Baie moes hals oorkop alles agter laat en vlug. Veral die Christene daar tussen raak mens diep. Bid dat die Here Sy kinders sal beskerm en in kontak bring met gelowiges hier in Europa.
  2. Bid dat die Here die ander vlugtelinge ook tot Hom sal bring deurdat hulle die evangelie sal hoor en in die enigste Redder van hun sonde sal glo. (Onlangs is 37 vlugtelinge gedoop!)
  3. Maar tussen die vlugtelinge sit baie jong manne waaronder baie wat geradikaliseer is in hul geloof en geen respek het vir 'n ander geloof en veral nie vir vrouens nie! Hoe onderskei mens tussen die mense? 'n Menslik onmoontlike taak! Dit word n groot probleem soos wat dit duidelik geword het oor die jaarwisseling in Köln en baie ander plekke. (Oor die 700 sake van betasting, diefstal en selfs verkragting is by polisie aanhangig gemaak - almal jonge manne wat dit in die openbaar gedoen het!)
  4. Hulle het al IS handleidings op internet gekry oor hoe om jou voor te doen as Christen (selfs kruise te dra as dekmantel) en hoe mens aanslae kan pleeg spesifiek op Christene en kerke! Dus die tyd van "rus en vrede" in Europa is waarskynlik getel. In n land waar niemand n wapen mag hê as beskerming kan julle julle voorstel dat mens letterlik "sitting ducks"is as daar n aanslag gepleeg word, want hulle smokkel AK's maklik binne.
  5. IKEG het 7000 Evangelisasie boekies vir kinders oor wie Jesus is en hoe om in Hom te glo en 7000 Lukas Evangelies, om uit te deel. Bid dat dit uitgedeel sal word vir die regte mense en dat mense tot geloof sal kom!
Gebedspunte

  • Bid vir ons beskerming hier met die bedreiging van die Islamisering van Europa.
  • Bid asb dat die 7000 boekies van IKEG by die regte mense uit sal kom en vir bekerings.
  • Bid dat ons oop deure sal kry na hierdie vlugtelinge wat egte vlugtelinge is en hoe ons persoonlik hierin kan help.
  • Bid vir beskerming van Christene in die opvang sentrums waar steeds meer verhale na vore kom van vervolging deur ander vlugtelinge al is hulle hier in "veilige Europa". 
  • Bid dat die Here hierdie onsekere situasie sal gebruik om die ongelowige Europeërs en by name in Nederland tot geloof te bring.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking