Woensdag 24 Februarie 2016

Toring van Babel in Nederland met ons skoling?!

Die afgelope 9 maande het vir nogal n baie vrugbare en besige tyd gesorg. Die mense waar ons les voor gee is baie besonder en uniek.


IKEG het gesorg dat ons besig bly.

Op drie plekke is ons besig die Verdiepings Kursus Kinderevangeliesasie VCK te gee. (Sliedrecht in die middel van Nederland, Broek op Langedijk in die Noorde en ook Eindhoven in die Suide) Elke Kursus bestaan uit 12 aande en dit is nogal 'n opgawe om dit te doen.

Wat ons getref het is dat daar soveel verskillende nasionaliteite betrokke is. Dit is n uitdaging wanneer mens les gee. Natuurlik is die meeste Nederlands, maar op 2 plekke (Eindhoven en Broek op Langedijk) vra die kursus vir ekstra inspanning. Daar moet soms tussendeur vertaal word, want nie almal praat ewe goed Nederlands nie. Dit is 'n klein toring van Babel - net hier ken almal die Here.

As mens na die kursus gangers kyk dan bestaan hulle uit nogal n verskeidenheid van nasionaliteite! (Nederland, Spanje, Indonesië, Poland, Dominikaanse Rep., Colombia,  Suid- Afrika , Nigerië, Portugeessprekende lande uit Suid-Amerika. Dit vra baie omdat mens eenvoudig moet praat en ook wanneer die demonstrasie gehou word dan is dit vir sommige van die mense moeilik om dit in Nederlands te doen. (EN ons Spaans, Potugees, Iindonesies en Pools is ook maar beroerd). In Eindhoven het ons die kleinste kursus ganger ooit gehad - 1 week oud en hy het hom keurig gedra!) Besonder is dit dat die moeder so toegewyd is dat sy nie die lesse wil misloop nie en dan tog weer kom.

Ook het Marius in Goes en Middelbrug (Suid-Wes Nederland) gepraat oor die evangelie en hoe mens dit aan kinders oordra. Dit is ver ry vir Nederlandse standarde - byna 3 uur. Dit was baie geeënd. Dankie vir julle gebede!

Wat Veritas betref gee ons nog elke donderdag in Apeldoorn les aan n hase groep (20) en n slakke groep (11). 

Die hase kom elke 2e week bymekaar en die slakke groep een keer 'n maand. Wat vir ons bemoedigend was, is die feit dat van die mense wat die Veritas kursus gevolg het of nog volg, is daar nou ten minste 8 persone wat in die kerkraad dien as kerkraadslede! Dit glo ons gaan n baie goeie invloed in die kerkraad hê. Dit beantwoord ook aan die doel van Veritas dat ons die kerk wil dien en leiers oplei.

In Langbroek het Marius weer begin met n nuwe groep studente. (12) Hulle kom uit die verskillende jare van die Bybelskool en het nou met module 2 begin.

Dan het die groep in Lopikerkapel nou net afgesluit met module 2 en gaan ons verder met module 3. Elf van die groep gaan verder na module 3 toe. Op die foto kan u sien hoe hulle die sertifikate vashou.
Dit was n lang skof van meer as 18 maande! Dit is baie besonder dat mense wat nou reeds byna drie jaar besig is met die opleiding tog verder gaan.
Hierdie kursus is vir ons baie bemoedigend. Want daar ontstaan n band. Dit is besonder en kosbaar. Bid asseblief vir wysheid en krag om hierdie opleiding onder die beheer van die Heilige Gees te gee. Bid ook vir Gerrit van Valen wat Marius in Lopikerkapel help.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking