Donderdag 04 Februarie 2016

Geestelike leiding gee aan Skape of Bokke?!

Die afgelope 2 naweke het Marius die voorreg gehad om by 3 werkswinkels te praat van die landelike opleidingsdae vir jeugleiers  van die Christelike Geref kerke in Sliedrecht en Urk.  Meer as 100 jeugleiers en Sondagskool leiers  het dit bygewoon.

Die onderwerp het nogal baie reaksies en gesprekke tot gevolg gehad. Die vraag wat sentraal gestaan het is waar rig mens jou op in jou bediening in die gemeente. Verlore skape te soek of "entertainment" te gee vir die bokke. Word die evangelie nog duidelik verkondig of laat mens jou beïnvloed deur uitgangspunte van die sosiale wetenskappe wat nie wil dat mens moet praat oor sonde, skuld en verlorenheid maar meer oor hoe mens beter kan voel oor jouself en hoe jy jouself kan ontplooi of self verwesenlik.
Die groot groep wat aanwesig was

Nogal n ander boodskap as wat Jesus verkondig het. Sy boodskap was die teenoorgestelde - dat ons as gebroke sondaars ons moet bekeer en in Hom moet glo as  Verlosser van ons sonde en as ons agter hom aan wil kom ons onsself moet verloën! Hierdie ander evangelie is die grootste oorsaak dat Europa die grootste sendingveld in die wêreld word.
Wel was die geweldige positiewe reaksies baie bemoedigend.
n Paar aanhalings van eposse wat ek ontvang het na die toesprake:

"Ik was zaterdag in uw lezing over schapen en bokken.
Ik ben onder de indruk geraakt, het heeft mijn hart weer opnieuw gaande gemaakt met het lot van onze kinderen en jeugd."


"Ik wil je bedanken voor de eerlijke workshop van afgelopen zaterdagavond.
Het was of de Heere via u tot mij sprak en mij de juiste handvaten aanwees (aanwys) om het evangelie aan de jongens van de vereniging (12+) bekend te maken.
De dingen die wij als succesvol en juist zagen (gesien het) werken juist de bokken en onze eigen ego in de hand, en dit zijn nu juist de zaken die opbouw van de schapen in  Jezus in de weg staan."


Marius besig met 'n
werkswinkel ( 3 keer 15-25 mense)
Uit hierdie en ander reaksies merk ons iets van die woorde van de Heere in Amos 8:11 en 12. Mense soek na die Woord van die Heere en nie menslike filosofië nie, maar hoor ongelukkig nie duidelike Bybelse beginsels uit Gods Woord nie. (Helaas het ek baie in SA met mense gepraat waar dieselfde klagte na vore gekom het.) Ons is dankbaar dat hier en ook daar in SA nog baie smag na die onvervalsde melk van die woord van God. 
Ook is ons dankbaar vir de getroue predikante en ampsdraers wat aan die Woord getrou is en dit bely en so verkondig. 

GEBEDSPUNTE:


  1. Bid dat die ware gelowiges nie sal ingee aan die druk om ter wille van getalle en sogenaamde 'sukses' Bybelse waardes sal prys gee nie.
  2. Bid vir die geleenthede wat ons kry om gelowiges op te lei op verskillende plekke in Nederland vir seën.
  3. Dat ons standvastig sal bly in Sy Waarheid.
  4. Bid vir u geestelike leiers ook! Ook hier vir die geestelike leiers.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking