Maandag 27 Junie 2016

IKEG Europese konferensie

In Mei het ons de voorreg gehad om weer saam met ons medewerkers uit die hele Europa mekaar by die 3 jaarlikse konferensie te ontmoet.

Dit was n geseënde tyd, gevul met goeie onderwys uit die Woord van God, bemoedigende boodskappe en ook ‘n bewuswording van die hoeveelheid mense wat nog met die Evangelie bereik moet word in die verskillende lande van Europa. Die geestelike nood is groot en die kerke lyk steeds minder in staat te wees om uit te reik na die groter vyandig wordende samelewing.

Die verskille is ook groot tussen Wes en Oos Europa. Wes Europa waar ons  geestelike erfenis oorspronklik vandaan gekom het, word seker die grootste post moderne heidendom. Die vyandigheid na ons as Christene word steeds groter en feller. In Oos Europa is daar baie geleenthede met baie oop deure, maar die finansiële nood daar is weer groot. Dikwels werk kollega’s daar onder moeilike omstandighede en baie armoede. Dit is ook nie meer vreemd om te hoor dat werkers gearresteer en ‘n sekere tyd en selfs jare in die gevangenis moet deurbring nie. Dit gebeur meestal in die Moslem lande van die Sentraal Asiatiese republieke. 

Ons het 'n stad uit elke land aangewys waar ons op wil fokus vir die volgende jaar. Nederland kies Eindhoven. Op die foto bid ons rondom die kaart van Europa en is daar liggies geplaas op die plek waar die stede is, waarheen ons wil uitreik. Hierdie aksie word die “City Kids” projek genoem, met slagspreuk: “Every child for every city in every Nation”. Bid u saam met ons vir geseënde uitreikaksies?

Want ons harte is weer en weer aangeraak deur n dubbele geestelike nood, wat groter en groter word: Eerstens is daar die verval BINNE die kerke en dan is daar die afval van die mense daar buite”, die mense wat nie meer die binnekant van ’n kerk ken nie of wil ken nie. Mense wie Christus heeltemal nie ken nie.

Maar die “fellowship”/koinonia was vir ons opbouend en het ons met nuwe moed laat terug keer na huis. Dit was baie lekker om saam met die IKEG werkers daar te kon wees en om weer Johan en Rita Bloemhof  (Suid Afrikaanse kollegas, werksaam in Frankryk) te sien en ons het sommer baie lekker in Afrikaans gekuier.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking