Een van die Kinderevangelisasie kursusse wat deur IKEG gegee
word, is die VCK 1 kursus. Die hele kursus bestaan uit 32 lesure wat oor 13 aande aangebied word.
Hierdie kursus is onderskeidelik in
Eindhoven, Sliedrecht en in Broek op Langedijk
gehou. Die afsluiting van hierdie kursusse was aan die einde van Junie, net so voor
die Somervakansie, gehou. Hier is 2 studente besig om ‘n pastorale gesprek
met mekaar te oefen. Dit gaan oor hoe mens die Evangelie op ’n eenvoudige
manier aan 'n kind wat in die Here Jesus as Verlosser wil glo, kan uitlê.
Op die ander foto word n Bybelverhaal deur iemand wat die kursus gevolg het as oefening, vertel. Omdat die groep so groot is, het ons besluit om 'n groep die geleentheid te gee by iemand se huis op n ander aand. Heerlik is dit om die entoesiasme en toewyding van hierdie jongmense te beleef. Van hulle het ook in die somer vakansie vir Jan en Margriet Bayense in die stad Kerkrade gehelp, met Evangelisasie aksies. Daar is selfs nou na jare 'n nuwe gemeente gestig! Hierdie gemeente het ook ontstaan as gevolg van kinderevangelisasiewerk. Hieroor kan u in die volgende blog lees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking