Sondag 28 Augustus 2016

My dogter het so verander ... nou wil ek kom kyk wat het gebeur!


Die kinderwerkers wat ons as
IKEG geskool het.
Ons het in Junie 'n hele dag skoling gegee vir 'n mooi toegewyde groep jongmense wat vir 'n hele week in die stad Kerkrade (in Suide van Nederland) opelug aksies gehou het. In totaal was daar 96 jongmense! Ongeveer die helfte het kinderwerk gedoen. Die res doen deur tot deur evangelisasiewerk terwyl die kinderclub besig is.

Die grote groep net voor hulle uitgaan



 Met 8 spanne het hulle 2 keer n dag 'n opelug  klub gehou, (dus 16 klubs per dag) terwyl die  ander deel dan van deur tot deur rondgaan. By  van die klubs was aan die begin van die week  geen kinders! Maar die klub word gehou sonder  kinders. Almal in die buurt luister met verbasing  en vra selfs waarom gaan julle verder met die  klub as daar geen kinders is.

 Teen die einde van die week het die kinders  gekom en in totaal was by die laaste aand
 toe die ouers ook uitgenooi was 190 buitekerkelijke ouers en kinders byeen.
Die klub aan die einde van die week
wat met 0 kinders begin het.

'n Moeder wat agter in die hoek van die saal gesit het, het  gesê "ek kan nie glo hoe my kind verander het nie. Die hele atmosfeer in die huis het verander en sy is so opgewek en vrolik. Ek moes kom kyk waarom haar lewe so verander het!"

So kon daar baie verhale vertel word en is dit duidelik dat die Here daar werk.
Die groot groep ouers en
kinders die laaste aand.
Jan Bayense wat deur ons opgelei is, is deur sy gemeente uitgestuur om daar as evangelis n gemeente te begin. Hy sê self dat hy nie kan dink hoe mens Evangelisasiewerk kan doen as mens nie die kinders bereik nie.Hy begin met 7 volwassenes wekeliks met n kursus deur die Bybel. Bid asb. vir seën. Hulle hou nou ook maandeliks n kinderklub vir die kinders.

Ons is so dankbaar dat die Heere die opleiding wat ons gegee het so besonder gebruik. Prys die Here.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking