Maandag:
Elke Maandagoggend gaan Marius en Leander Jansen Veritas (deel 1) gee in Hilversum op die Gospel for Europe voltydse Bybelskool. (Leander is 'n jongman wat Marius wil oplei om uiteindelik die kursus te kan gee).
Op Maandagaande het ons die IKEG Verdiepingskursus in Kinderevangelis
Maandag het ons begin met die IKEG VCK 1 cursus in Ede. |
Dit beteken dat mens eers rond 12 uur snags terug kom.
Dinsdagaande:
Dinsdag het ons begin in Lopikerkapel met Veritas deel 3b. |
Donderdagaande:
Gaan ons verder met Veritas in Apeldoorn. (3x per maand 2 x mod 4 en 1 x mod 2)
Saterdag:
Hierdie jaar gee Marius saam met Bart Ridderhof elke 2de Saterdag Module 1 by die Filafelfia Bybelskool in Langbroek in die oggend. Smiddags gee Marius alleen module 2 vir die tweede jaars wat verder wil gaan met Veritas.
So tussen deur word bestuursvergaderings gehou, leiding gegee aan IKEG en Veritas en ander verpligtings. Dus ledig sal ons nie wees nie. Wil julle asseblief bid vir wysheid en krag. Maar meer nog dat die Here vrug sal gee op ons werk.
Bid vir die IKEG team dat die Here die besondere werk wat hulle doen sal seën. Bid vir Marco en José, Gerda en Petra op kantoor en Anneke wat die skoling en klubwerk in Antwerpen in België gee. Dit is n voorreg om met so n span saam te werk.
v.l.n.r. agter: Evert, Bart, Reinout, Leander, Robert, Gerrit voor Anne, Marius en Bert |
Bid asseblief vir ons vir wysheid om die IKEG en Veritas spanne te lei en die medewerkers tot bemoediging te wees in hun dienswerk.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking