Woensdag 01 Junie 2016

IKEG kinderkamp

Wat was dit vir ons heerlik om so 'n 40 kinders op ons jaarlikese kinderkamp te kon verwelkom. Die span leiers het tot groot seën van die kinders hulle ingesit om die kinders te bereik. Ons is so bly om te sien dat Johan Josua en Leonie en van hulle "soldiers" vriendekring ook daar aanwesig was as leiers. Ook is dit n groot bemoediging geweest om te sien dat Kees Wisserhof wat  'n ou Bybelskool student was, ook as leier gehelp het. Ook ou VCK (Verdiepingskursus Kinderevangelisasie) studente was aanwesig en oud Suid-Afrikaanse kerk lidmate Deon en Nonna Gericke en Suzette  Daneelwas ook in die kombuis werksaam.
Marjan Verkerk, 'n IKEG bestuurslid het die Bybelverhale vertel en twee van die kinders het die naweek gekom en gevra hoe hulle ook in die Here Jesus as Verlosser kan glo.
Bid dat die Here die naprediker van Sy Woord sal wees.
Daar is altyd met so n kamp behoorlik baie stryd. Hierdie keer ook. Iemand wat saam met Marjan die verhale sou vertel het, het siek geword. Maar die Here het ondanks dit besonder gewerk en was die kamp baie geseënd.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking