Dinsdag 15 April 2014

Wat 'n vreugde om te sien wat die Heere doen.

VCK 1 kursus
Die afgelope weke het die Heere ons baie geseën met skolingsgeleenthede. In Meteren is die Verdiepings Kursus Kinderevangelisasie baie geseënd. die 17 kinderwerkers wat dit volg is toegewyd en het afgelope Maandag elkeen 'n demonstrasie gehou van hoe mens 'n Bybelsvers aan die kinders sal aanleer. Ons is ook besig om die evangelie aan die mense uit te lê en stap vir stap leer ons hulle hoe 'n Bijbelles te gee. Heerlike werk.
Gisteraan het ons regverdiging deur die geloof uitgelê. Weereens die opmerkings van die studente dat dit verhelderend en tot seën was. Ons is dankbaar

Opleiding aan gemeente jeugleiers
In Dussen het Marius Woensdagaand 'n opleiding gegee oor hoe belangrik dit is dat ons kinderwerk doen. Ook die uitgangspunte vir kinderwerk is behandel. Besonder was die opmerkings dat hulle nog nie dit so gehoor en jeugwerk uit die perspektief benader het nie. Kom ons bid dat die Heere daar baie vrug sal gee vir die werk.

Reünie in Scherpenzeël
'n Jaar gelede het ons die VCK 1 cursus daar gegee en gisteraand kon ons die mense uit die woord bemoedig en 'n paar praktiese handreike gee om hulle werk verder te versterk. Dit is zo mooi om te sien hoe hierdie mense toegewyd verder gaan om dit wat hulle geleer het toe te pas. Baie Moslim kinders word ook bereik en dit is besonder.

Bijbelskool Veritas 3
Saterdag was dit weer die voorreg om met die Veritas module 3 groep verder te gaan. Daar is n baie mooi band aan die ontstaan tussen hierdie groep en Marius. Bid dat hieruit leiers sal ontstaan. Voor die tijd sing ons saam met die groter groep studente. Heerlik. Volgende jaar staan Marius en Bart Ridderhof elke Saterdag voor die groep.

Veritas 1 Slakke groep Apeldoorn
In Apeldoorn gaan ons DV Mei maand die stadige groep van Veritas 1 afrond. DIt beteken dat na 2 jaar hard werk is die groep ook nou klaar met module 2 wat 1 keer per maand gegee is. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie mense groei. Hooplik sal ons DV 'n foto van die sertifikate later op die blog plaas.

Maandag 10 Maart 2014

2 Nuwe studente vir Switserland?

Ons is ook bly dat 2 Bybelskoolstudente hierdie somer ons opleiding DV in Switserland wil volg. Ons hoop dat die Here hulle voltyds in kinderwerk sal lei en dat ons hulle veral in IKEG sal kan verwelkom. Hiervoor moet die Here hulle en ons duidelikheid gee. Een van de manne het Veritas module 2 ook al gevolg (sien foto van die groep vorige jaar) en voel nou geroep om moontlik die kursus in Switserland te volg. Ek gaan binne kort met hom hieroor praat. Bid saam met ons asb.


Veritas in Apeldoorn en Lopikerkapel

Laas week het ook weer die geleentheid gegee dat ons in Lopikerkapel die Veritas 1 kursus kon gee. Dit is 'n baie getroue en besondere toegewyde groep. Ook in ons eie gemeente (Apeldoorn) kon ons verder gaan met module 2. Hierdie groep moet veral ook genoem word vir hulle getroue bywoning en meelewing! Ons word so bemoedig deur sulke toewyding en getrouheid. Bid dat die Here hierdie mense al hoe mee geestelik sal volwasse maak om verder te gaan as net die kursus en dat die Here deure sal oop maak vir nuwe leiers in die gemeente.
Soos julle kan sien ons het sommer dadelik weer vanuit Suid-Afrika ingestap in 'n baie besige program. Bid asseblief vir ons werksaamhede

Nuwe IKEG kursus in Meteren

Vanaand begin ons weer in Meteren met 'n nuwe Verpiedingskursus in kinderwerk. (VCK 1). Een van die kursusgangers het ons hierdie pragtige kantoor ruimte gegee om te gebruik. Ons is baie dankbaar daarvoor. Hier sien u die die aanwesige personen by ons bekendstellingsaand vorige Maandag. Sover lyk dit asof ongeveer 15-18 mensen die kursus gaan volg. Bid asb vor 'n baie geseënde kursus maar veral dat mense iets met die kursus gaan doen en klubs gaan begin of in die somer opelug aksies gaan hou.



Saterdag 22 Februarie 2014

Ons besoek aan Suid-Afrika is byna afgeloop

Die besoek is byna iets van die verlede. DV vertrek ons terug na Nederland met Lufthanza op Maandag aand 24 Februarie. Hoe gaan mens hierdie besoek kan beskryf anders as baie geseënd. Ons het weer met baie van ons getroue vriende en ondersteuners kontak kon maak en by almal was dit asof ons nog laas week gekuier het. Baie dankie almal. Jammer is net dat die pos staking daarvoor gesorg het dat die meeste nuusbriewe nog nie by die mense uitgekom het nie en dat baie nie geweet het ons is in Suid-Afrika nie. Dus ons program was dus ook nie beskikbaar vir die mense nie. Maar ons glo die Here het 'n doel ook daarmee gehad. Dankie almal vir julle liefde, betrokkenheid  en volgehoue ondersteuning. Ons waardeer dit baie.

Ons het 'n baie besige program gehad en party dae tot 7 afsprake per dag. Beginnende byvoorbeeld met 'n biduur om 5.30 en afsluitend met 'n aand byeenkoms. Dus as u dink ons het lekker kom uitrus ... dit was 'n ontsettende besige tyd, maar heerlik om almal weer te sien en om soos die Nederlanders sê: "Even bij te praten" Ons stap weer in met net so 'n besige program in Nederland in van Donderdag nadat ons Dinsdag geland het.

Bid vir ons en hou hierdie blog dop. Teken ASSEBLIEF in op "VOLG ONS" (links langs hierdie berig) deur u e-pos in te vul en op submid te druk. U ontvang dat 'n epos ter bevestiging waarop u moet reageer deur op die skakel te kliek. Daarna behoort u 'n kennisgeving te kry as ons weer iets plaas met die epos wat u ontvang. So bly u op hoogte en hoef u nie te kom loer of daar iets geskryf is nie.

Die uitdagings is groot en Europa het die evangelie baie nodig. Ons stamland mag nie vergeet word nie. Vergeet nie ons en ons werk nie, ons het dit baie nodig.

Donderdag 16 Januarie 2014

Februarie in Suid-Afrika


Omdat dit weer tyd is vir ’n besoek aan ons vriende en gemeentes wat by ons betrokke is wil ons die volgende datums deurgee sodat, as u in die buurt is miskien ’n diens kan bywoon.

Program vir ons besoek is soos volg:
2 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Benoni

16:00
Middagdiens by die Gereformeerde Protestantse kerk Brakpan (Jim Vinninglaan, Minnebron)
9 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Bonnievale
16 Febr.
09:00
Oggenddiens by NG kerk Vanderbijlpark-Suid

18:00

19:00
Aanddiens by NG kerk Mooirivier in Potchefstroom.
Jeugdiens by NG kerk Mooirivier.
23 Febr.
09:00
18:00
Oggenddiens by die APK Trans-Magalies, Pretoria
Aanddiens by APK Verwoerdburg


Hou ons blog dop want sou daar aanpassings / veranderinge / nuwe spreekgeleenthede wees, sal ons dit daarop aangedui word: www.stormpies.blogspot.com


Deur die week is daar nog moontlikhede vir afsprake en spreekgeleenthede. Stuur gerus ’n e-pos.

Duitsland

Daar kom ’n nuwe Bybelskool in Duistland waar sendelinge wat geroep is vir Europa opgelei sal word. Dit word “the Gospel for Europe ministryschool” genoem. Die moontlikheid is ook daar om die Veritas kursus een dag per week daar aan te bied. Ons vra onsself af wat die Here se planne kan wees met al hierdie moontlikhede? Aan hierdie “oop deur” is ook baie reistyd en ook hoë onkoste vir brandstof verbind. Sommige dinge kan ook afleidings wees! Bid asseblief saam met ons dat ons die Herder se stem duidelik sal hoor en Hom gehoorsaam sal volg.

Pinksterkonferensie by Heartcry


Marius is gevra om in Mei maand as spreker op te tree by die groot Heartcry Konferensie. Hy bid hieroor, want dit is nogal ’n baie groot verantwoordelikheid. Bid asseblief saam dat die Here hom duidelikheid sal gee oor wat hy moet doen.

'n Nuwe kleinkind: David Joël

Marna het geboorte aan ons tweede kleinkind gegee: ’n seuntjie met die naam David Joël. Hy bring reeds baie blydskap vir ons. Die swangerskap het baie moeilik verloop en na komplikasies is ’n pragtige seuntjie vir haar en Gerben Jan Bruinsma, gebore. Ons is dankbaar dat alles goed gegaan het. Ons geniet hom baie en vra dat julle saam sal bid dat hy waarlik ’n man sal word na Gods hart soos sy name aandui.

Die Veritas opleiding en uitdagings

’n Nuwe wêreld het vir ons oop gegaan vandat Marius by die Bybelskool en ander plekke in Nederland les gee. Ons is verbaas oor die honger na goeie Bybelse onderwys binne die kerke. Mens is verbaas oor die waardering wat uitgespreek word as mense kom praat oor hoe die kursus hulle help. Op die oomblik mag Marius 3 manne in Veritas begelei (Bert, Bart en Gerrit). Die kursus word op 7 plekke vir 8 groepe aangebied. Verder wil Bennie Worlvaardt (leier van Veritas Internasionaal) hê dat Marius die verantwoordlikheid neem vir Veritas in die hele Europa. Ons bid ernstig hieroor, want ons sien die werk hier met IKEG en Veritas Nederland groot vrug dra.