Dinsdag 15 April 2014

Wat 'n vreugde om te sien wat die Heere doen.

VCK 1 kursus
Die afgelope weke het die Heere ons baie geseën met skolingsgeleenthede. In Meteren is die Verdiepings Kursus Kinderevangelisasie baie geseënd. die 17 kinderwerkers wat dit volg is toegewyd en het afgelope Maandag elkeen 'n demonstrasie gehou van hoe mens 'n Bybelsvers aan die kinders sal aanleer. Ons is ook besig om die evangelie aan die mense uit te lê en stap vir stap leer ons hulle hoe 'n Bijbelles te gee. Heerlike werk.
Gisteraan het ons regverdiging deur die geloof uitgelê. Weereens die opmerkings van die studente dat dit verhelderend en tot seën was. Ons is dankbaar

Opleiding aan gemeente jeugleiers
In Dussen het Marius Woensdagaand 'n opleiding gegee oor hoe belangrik dit is dat ons kinderwerk doen. Ook die uitgangspunte vir kinderwerk is behandel. Besonder was die opmerkings dat hulle nog nie dit so gehoor en jeugwerk uit die perspektief benader het nie. Kom ons bid dat die Heere daar baie vrug sal gee vir die werk.

Reünie in Scherpenzeël
'n Jaar gelede het ons die VCK 1 cursus daar gegee en gisteraand kon ons die mense uit die woord bemoedig en 'n paar praktiese handreike gee om hulle werk verder te versterk. Dit is zo mooi om te sien hoe hierdie mense toegewyd verder gaan om dit wat hulle geleer het toe te pas. Baie Moslim kinders word ook bereik en dit is besonder.

Bijbelskool Veritas 3
Saterdag was dit weer die voorreg om met die Veritas module 3 groep verder te gaan. Daar is n baie mooi band aan die ontstaan tussen hierdie groep en Marius. Bid dat hieruit leiers sal ontstaan. Voor die tijd sing ons saam met die groter groep studente. Heerlik. Volgende jaar staan Marius en Bart Ridderhof elke Saterdag voor die groep.

Veritas 1 Slakke groep Apeldoorn
In Apeldoorn gaan ons DV Mei maand die stadige groep van Veritas 1 afrond. DIt beteken dat na 2 jaar hard werk is die groep ook nou klaar met module 2 wat 1 keer per maand gegee is. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie mense groei. Hooplik sal ons DV 'n foto van die sertifikate later op die blog plaas.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking