Dinsdag 23 Julie 2013

Kommunikasie


Die NKA wil dat u meer gereeld op hoogte gehou sal word oor hulle bediening. Ons wil ’n blog begin waardeur ondersteuners met betrekking tot die Storms en die NKA se werksaamhede op hoogte gehou kan word. Ons wil ook ’n gebedsgroep begin. Wil u dit oorweeg om u selfoon nommer en e-pos adres aan Marius en Amanda te stuur. So kan hulle u gegewens verwerk in hulle administrasie. (Hulle het ook Whatsapp).

  • Tel. nr.: +31627402628
  • E-pos: stormpies@gmail.com
Baie dankie aan almal wat die afgelope jare so getrou agter hulle werk gestaan het. Dit is so besonder dat die Here hierdie werk deur die afgelope tyd gedra het. Sonder u gebede en finansiële betrokkenheid was dit nie moontlik. Ook vir u hulp dat die evangelie weer na die voorgeslagte van ons stamlande gebring word!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking