Donderdag 16 Januarie 2014

'n Nuwe tuin as geskenk


Aangesien ons nie meer die onderhoud van ons tuin kon byhou nie en daar groot veranderinge nodig was, het ons dikwels die saak voor die Here neergelê en gevra: “Hoe verder”? Marius het twee Bybelskoolstudente vir advies genader en voor ons geweet het wat ons tref, was ’n hele span een Saterdagoggend voor ons deur met die nodige “gereedskap”.


Die grasveldjie voor ons huis, is in ongeveer 10 minute uitgehaal. Daar is nou aan die voor- en aan die agterkant stene gelê. Wat so besonder is aan hierdie metamorfose is dat dit ons NIE EEN SENT gekos het nie! Die manne het dit as guns kom doen vir die Bybelse onderrig wat hulle van Marius ontvang. Een het in ons oor gefluister dat hy al die stene wou betaal! Hierdie geskenk is nie alleen die hoeveelheid geld werd nie, maar ook die liefde en tyd wat hierdie jongmense ingesit het om ons te help. Dit was vir ons ’n bemoediging en verseker ’n geskenk uit die hand van die Here.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking