Marna het geboorte
aan ons tweede kleinkind gegee: ’n seuntjie met die naam David Joël. Hy bring
reeds baie blydskap vir ons. Die swangerskap het baie moeilik verloop en na
komplikasies is ’n pragtige seuntjie vir haar en Gerben Jan Bruinsma, gebore.
Ons is dankbaar dat alles goed gegaan het. Ons geniet hom baie en vra dat julle
saam sal bid dat hy waarlik ’n man sal word na Gods hart soos sy name aandui.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking