Marco
en José Baan is
nou voltydse werkers by IKEG. Ook hier het die Here Sy leiding laat sien in
twee mense wat baie toegewyd is. Soos voorheen al genoem is dit belangrik om
geskikte leiers vir IKEG, ook as toekomstige opvolgers te kry. Ons kan nie
alles meer alleen behartig nie, aangesien die werk so uitgebrei het. Ons is
dankbaar om te sien hoe die Here op die regte tyd die regte mense in die regte
posisies aanstel. So kan ons ook met dankbaarheid merk hoe die weë van die Here
lei.
Jakob
Jan en Tamara Matze is twee pragtige jongmense. Hulle
was vroeër studente op die Bybelskool en het daar baie van die skoling van
Veritas en kinderwerk geleer. Na gesprekke met Marius, het hulle besluit om die
volledige leierskapsopleiding van IKEG (CEF) in Kilchzimmer, Switzerland te
volg. Ons is baie opgewonde oor hierdie 2 jongmense wat nou ’n roeping kry om
ook die Evangelie aan kinders te verkondig. Hulle gaan moontlik voltyds in Duistland
woon by die langtermyn Bybelskool wat daar beplan word. Saam met hulle ander
verantwoordelikhede by hierdie Bybelskool, is daar ook die moontlikheid om in
’n streng Katolieke omgewing kinders te bereik! Bid asseblief dat die Here hul
planne sal seën en hulle die nodige leiding sal gee.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking