’n Nuwe wêreld het vir ons oop gegaan vandat
Marius by die Bybelskool en ander plekke in Nederland les gee. Ons is verbaas
oor die honger na goeie Bybelse onderwys binne die kerke. Mens is verbaas oor
die waardering wat uitgespreek word as mense kom praat oor hoe die kursus hulle
help. Op die oomblik mag Marius 3 manne in Veritas begelei (Bert, Bart en
Gerrit). Die kursus word op 7 plekke vir 8 groepe aangebied. Verder wil Bennie
Worlvaardt (leier van Veritas Internasionaal) hê dat Marius die verantwoordlikheid
neem vir Veritas in die hele Europa. Ons bid ernstig hieroor, want ons sien die
werk hier met IKEG en Veritas Nederland groot vrug dra.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking