Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Maandag 12 Augustus 2013
Kinders het hulle vertroue op die Here gestel
Soos gesê was daar vorige week 'n span met opelugkinderwerk besig gewees in Breda. Dit is bekend as 'n baie moeilike deel van die stad. Die meeste van die dae was hier rond die 30 kinders gewees wat die Evangelie aan die hand van die Woordlose boek gehoor het. Vir Nederland is dit BAIE kinders wat die klubs bygewoon het. Daar is kinders wat Vrydag hulle vertroue op die Here Jesus gestel het en saam met die leiers gebid het. Prys die Here. Ons vertrou die Here dat dit SY werk is en dat dit nie net by 'n keuse gebly het maar dat dit die vrug van die werk van die Heilige Gees is wat hulle tot sondebesef gebring het en 'n soeke na die enigste Verlosser.
Ons is dankbaar dat die groep in Breda byna almal ou Bybelskoolstudente is of mense wat ons IKEG kursus gevolg het. Dankbaar is ons dat daar nou meer kinders bereik kan word deur die manne en vroue wat ons opgelei het en dat die Veritas opleiding en IKEG (kinderwerk) so goed en nou by mekaar aansluit.
Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Sondag 04 Augustus 2013
Die Here seën die werk!
![]() |
Opelug klub in Kerkrade |
Die laaste jare het ons gesien hoe die Here gemeentes wat ons opgelei het gebruik het om uit te reik na nuwe stede en dorpe. Op so 'n manier is byvoorbeeld baie kinders in die somermaande bereik! Die Here vra getrouheid en volharding en om aan Hom die resultate oor te laat. Nogtans het Sy seën en vrug nie afwesig gebly nie!
![]() |
'n Deel van die saal met ouers en kinders |
Laas week het ons gesien hoe die Here Jan Bayense en sy span van 96 jongmense gebruik het om in Kerkrade Evangelisasie werk te doen. Hulle kom veral vanuit die HHK - Hersteld Hervormde kerk en is deur Marius en ander IKEG medewerkers opgelei. Met 8 spanne het hulle vir 'n week lank in die Suide van Nederland gaan kampeer om opelug kinderwerk en straatwerk te doen. Hulle het op 16 verskillende plekke elke dag klubs gehou. Loof die Here! Dankie almal wat op ons facebook bladsy gereageer het om te bid. Gebed was uit Australië, Suid-Afrika, VSA, Italie en ander dele van die wêreld.(Sluit aan om op hoogte te bly op Facebook.com - Marius Storm en ook hier om via epos in kennis gestel te word wanneer ons ander blogs plaas.)
![]() |
Kinders sing vir hulle ouers |
Ten spyte daarvan dat dit vreeslik warm was - oor die 36 grade, het daar by die afsluiting meer as 150 ongelowige volwassenes en kinders gekom. Jan het die verrigtinge gelei en o.a. vir almal weer die evangelie uitgelê. Die kinders het omtrent gestraal toe hulle vir hulle ouers gesing het!!! Die res van die jaar gaan daar klubs vir die kinders en Bybelstudies vir volwassenes gehou word.
![]() |
Jan bring die boodskap van verlossing van sonde |
Ons ken Jan en Margriet Bayense al baie jare en ons is dankbaar dat ons kon bydra aan hulle werk deur advies en opleiding. Hulle wil nou ’n gemeente daar begin. Bid asb vir die bogenoemde sake.

Die weke hierna volg nog aksies in Antwerpen (12-14 Aug), Apeldoorn (27-30 Aug) op 2 plekke, Den Helder(5-8 Aug) , Ede (27-30 Aug) en ander plekke. Ook was die uitreik in Papendrecht en Diebergen in Julie baie geseënd gewees- dank die Here ook daarvoor!
Ons sien dat vandat ons begin het reeds meer as 300 besoekers gekyk het op ons blog in maar net 'n maand se tyd. Dankie almal. Bid asseblief en staan saam met ons om in hierdie stamland waar die geestelike nood groot is, 'n getuie te wees en om die gelowiges te bemoedig en toe te rus om staande te bly.
Dinsdag 23 Julie 2013
Huldeblyk aan ons vriend en kollega, Hendrik Hefer (30 April 1953 - 3 Mei 2013)
![]() |
Hendrik Hefer (30 Apr. 1953 - 3 Mei 2013) |
Op 10
Mei 2013 het prof. Koos Adendorff die begrafnisdiens begin met die woorde: “Die dood kom dikwels vir ons ontydig – of
dit deur ’n ongeluk of ’n skietwond of siekte of op enige ander manier op ons
pad kom.” Vir meeste was die dood
van ds. Hendrik ’n groot skok en sonder twyfel vir ons ontydig.
Ons
het hom meer as 40 jaar geken. Eers as die Bybelstudie leier by huis-kampe in
Melville waar hul gesin destyds gewoon het. Daarna by jeugkampe waar ons saam
betrokke was. Marius het by hom in die pastorie in Pretoria gewoon voor Hendrik
met Hesta getroud is. Hendrik het saam met ’n ander vriend ons troue
waargeneem. Ons het daarna mekaar minder gesien, maar steeds kontak gehou. Hy
en Hesta is na Brakpan-Suid beroep. Daar is hulle enigste kind, Barend, gebore.
In
1987 is ons ook na Brakpan-Suid beroep. So het ons mede-leraars geword en dus dag vir dag saamgewerk. Nadat
ons in 1990 na Switzerland uitgestuur is om 'n 3 maande kinderevangeliesasie
kursus daar te volg, is ons in 1992 finaal deur die kerkraad en ’n nuwe NKA
bestuur as sendelinge na Nederland uitgestuur. In 1995 het Hendrik ons die
eerste keer besoek. Nadat hy voorsitter van die NKA geword het, het hy en
Barend ons gereeld besoek. In 2002 is Hesta in ’n motorongeluk oorlede. In 2008
is hy met Emélie Pretorius (weduwee met 3 kinders) getroud.
Sy
besoeke was werklik ’n onderdeel van ons lewens wat baie vir ons beteken het. Hy
het gou by die ritme van ons huisgesin ingeskakel. Wanneer hy dan weer
weggegaan het, het ons hom baie gemis. Hy het altyd ons in tye wanneer dinge
nie vir ons heeltemal sin gemaak het nie, met wyse raad bygestaan. Hy het die
gawe gehad om “die probleem” logies te ontrafel, sodat ons die saak in ’n ander
lig gesien het.
Hendrik was veral 'n getroue vriend. Hy het amper
weekliks geskakel om te hoor hoe dit met “die Storms in Nederland” gaan. Hierdie
vriendskap was in tye van vreugde en verdriet altyd ’n bemoediging vir ons. Dit
is juis die klein dingetjies wat mens so helder onthou as mens terugkyk:
- Die rustigheid en kalmte wat hy in ’n situasie ingebring het. Niks was ooit ’n krisis nie.
- Die medisyne wat hy uit SA saamgebring het.
- Hy het vir elkeen van ons kinders omgegee en tyd gemaak.
- Hy het gesorg dat die oorplasings maandeliks betyds oorgeplaas is.
- As ons SA toe gekom het, was hy werklik ELKE keer op die lughawe om ons te ontmoet en ook wanneer ons weer vertrek het.
- Hy het onder Nederlandse mense wat in ’n sleutelposisie vir ons werk hier is, goeie verhoudings opgebou en onderhou. Ons het van vele hier gehoor dat hy ’n man van integriteit was met standpunte wat respek afgedwing het.
Dit
is egter onmoontlik om iets van Hendrik se lewe weer te gee, sonder om juis te
noem waarvoor hy so duidelik standpunt ingeneem het! Toe ons jonk was, het hy as
“Hendrik Bybel” bekend gestaan. Hy het die Woord geken soos niemand anders wat
ons ken nie. Hy het die Waarheid van hierdie Woord onderstreep, uitgeleef en
verdedig. Soms moes daar groot pryse betaal word. Die boekies wat hy geskryf
het was met een doel: Om die lig van die Woord van God op sake wat aktueel is te
laat skyn, sodat mense nie sou toegee aan dwaalleringe nie. Hy het daarvan gehou
om te preek en mense te leer oor die suiwerheid en algenoegsaamheid van die
Woord van God. Ons eer sy nagedagtenis hiervoor en het hom altyd juis hiervoor
gerespekteer.
Ons
gaan hom baie mis. As leermeester en kenner van die Woord van God. As versorger
van baie praktiese sake in ons lewens. As voorsitter van die NKA. As “Oom” vir
ons kinders, as “ouer broer” en besondere vriend vir ons. Vir die feit dat hy
omgegee het en dit gewys het.
Ons
kan nie help om saam te stem met die prediker by die begrafnis nie. Sy dood het
vir ons ontydig gekom … Maar ons weet dat hy in heerlikheid is, weg van die
verval van die wêreld waarin ons leef en die liggaamlike aftakeling wat uiteindelik
sy lewe gekos het.
Deur Marius & Amanda Storm
Sake vir gebed
Sake vir danksegging
- Dank die Here vir die NKA bestuur wat bereid is om agter die werk te staan en die take en verantwoordelikhede op hulle te neem.
- Dank die Here vir nuwe mense wat hulle aangemeld het om te help.
- Dank die Here vir reaksies vir finansiële steun.
Sake vir voorbidding
Bid asseblief vir die seën van die Here op die volgende sake:
- Dat Hy vrug op die arbeid van die Storms sal gee en in hulle liggaamlike, emosionele, geestelik en finansiële behoeftes sal voorsien.
- Dat Marius deur die genade van die Here die werk sal kan doen en dat hy en Amanda NABY die Here sal bly.
- Bid vir goeie dissipline en organisasie
- om die verskillende take te
kan doen.
- Bid vir die baie agterstallige admin en boekhouding wat hulle in hulle vakansie moet doen.
- Bid vir die somer opelug aksies wat orals in die land plaasvind. Vir seën, beskerming en vrug op die werk.
- Bid vir die Veritas kursus wat ongelooflike belangstelling opwek. Bid vir onderskeidingsvermoë wat ons moet doen en wat ons moet laat.
- BID VIR ’n HERLEWING in Nederland en ook dat ons bereid sal wees dat dit by onsself begin!
- Bid vir Emélie & Barend Hefer en die res van die famile in hierdie moeilike tyd.
Hoe is Marius en Amanda tans aan die werk?
Marius en Amanda se werk het oor die afgelope paar jaar in Nederland
verbreed en gespesialiseerd geraak. Vroeër was hulleself baie betrokke by kinderwerk
in die omgewing waar hulle woon. Hulle bediening is nou meer gerig op
opleiding, aangesien die opleiding van kinderwerkers een van die grootste
behoefte is. Hierdie opleiding behels om kinderwerkers te leer om kinderwerk op
meer Skrifgetroue manier te doen deur hulle te leer:
- Om die evangelie duidelik te verkondig.
- Om nie die kinders te vermaak en vanuit die sosiale wetenskappe te benader nie.
Deur op hierdie wyse te werk te gaan, bereik hulle baie meer kinders.
Ons stamlande (Europa) waar ons vandaan kom is besig om weer ’n heidendom te word. Mense soos die Storms word deur die Here gebruik om die gebroke mure van ons voorgeslagte weer te herbou. Bid asseblief vir hulle en ondersteun hierdie werk wat reeds vir 21 jaar deur die Here geseën is.
![]() |
'n Groep van 50 jongmense word vir opelugwerk opgelei. |
Ook het hulle
van die groot behoefte aan Bybelse Leierskap in die kerke en kinderwerk bewus
geword. Daarom het hulle ook by die Veritas
Bybelskursus betrokke geraak. Die opleiding van kinderwerkers en die Veritas
Bybelkursus vul mekaar goed aan. Waar die Veritas kursus aangebied word, gaan
die oë vir sendingwerk oop. Daar is byvoorbeeld die afgelope 3 jaar ‘n groep
jongmense deur die Veritas kursus begelei. Hierdie somer gaan ’n groep van hierdie
jongmense in Breda pionierswerk onder kinders doen.
![]() |
Die groep wat in Breda gaan werk. |
Daar is ook
werkers wat na Switzerland gaan om in kinderwerk opgelei te word as gevolg van
die skoling van Veritas en die blootstelling wat dit aan die kinderwerk gee.
Ons
is baie dankbaar oor hulle werk en die moontlikhede wat vir hulle oopgegaan het
vandat hulle op grond van hulle ervaring, gawes (skoling) en die groot behoefte
by die gelowiges hier, begin werk het. Ons sien die seën van die Here nou na 21
jaar op ’n besondere wyse op hulle werk.
Teken in op:
Plasings (Atom)