Sondag 04 Augustus 2013

Die Here seën die werk!



Opelug klub in Kerkrade
Vanaf 1998 het ons onder baie weerstand ons doel bekend gemaakt naamlik: Die Here wil nie IKEG 'n groot organisasie maak nie, maar IKEG gebruik om die kerke en gemeentes tot diens te wees en te help om beter getuies na die ongelowiges te wees.

Die laaste jare het ons gesien hoe die Here gemeentes wat ons opgelei het gebruik het om uit te reik na nuwe stede en dorpe. Op so 'n manier is byvoorbeeld baie kinders in die somermaande bereik! Die Here vra getrouheid en volharding en om aan Hom die resultate oor te laat. Nogtans het Sy seën en vrug nie afwesig gebly nie!
'n Deel van die saal met ouers en kinders


   Laas week het ons gesien hoe die Here Jan Bayense en sy span van 96 jongmense gebruik het om in Kerkrade Evangelisasie werk te doen. Hulle kom veral vanuit die HHK - Hersteld Hervormde kerk en is deur Marius en ander IKEG medewerkers opgelei. Met 8 spanne het hulle vir 'n week lank in die Suide van Nederland gaan kampeer om opelug kinderwerk en straatwerk te doen. Hulle het op 16  verskillende plekke elke dag klubs gehou. Loof die Here! Dankie almal wat op ons facebook bladsy gereageer het om te bid. Gebed was uit Australië, Suid-Afrika, VSA, Italie en ander dele van die wêreld.(Sluit aan om op hoogte te bly op Facebook.com - Marius Storm en ook hier om via epos in kennis gestel te word wanneer ons ander blogs plaas.)


Kinders sing vir hulle ouers
  Soms was daar maar 3 en soms tot 12 kinders aanwesig by die opelug aksies. Straatwerkers het orals kontak gemaak en die Here het oop deure gegee. Soms was daar ook weerstand soos toe 'n man gesê het, terwyl Marius by was - "ek hoop nie julle bly te lank hier werk nie want die satan sal nie bly wees met wat julle doen nie."

   Ten spyte daarvan dat dit vreeslik warm was - oor die 36 grade, het daar by die afsluiting meer as 150 ongelowige volwassenes en kinders gekom. Jan het die verrigtinge gelei en o.a. vir almal weer die evangelie uitgelê. Die kinders het omtrent gestraal toe hulle vir hulle ouers gesing het!!! Die res van die jaar gaan daar klubs vir die kinders en Bybelstudies vir volwassenes gehou word.

Jan bring die boodskap van verlossing van sonde

Ons ken Jan en Margriet Bayense al baie jare en ons is dankbaar dat ons kon bydra aan hulle werk deur advies en opleiding. Hulle wil nou ’n gemeente daar begin. Bid asb vir die bogenoemde sake.

 
Volgende week  5-9 Augustus word daar vir die eerste keer 'n opelug aksie in Breda gehou. ’n Groep jongmense wat op ons Bybelskool was, het besluit om na hierdie area te trek om daar te woon en evangelisasiewerk te doen. Dit is daadwerklike sendelinge in eie land! Wie is bereid om dit vandag nog te doen? Marco en sy vrou José Baan, wat nuwe IKEG werkers is, is verantwoordelik vir die werk in Suid-Holland en Noord Brabant. Hulle gaan hierdie groep in Breda begelei. Bid vir seën en ’n oop deur ook daar. Dat die kinders sal kom en mense tot geloof sal kom.
Die weke hierna volg nog aksies in Antwerpen (12-14 Aug), Apeldoorn (27-30 Aug) op 2 plekke, Den Helder(5-8 Aug) , Ede (27-30 Aug) en ander plekke. Ook was die uitreik in Papendrecht en Diebergen in Julie baie geseënd  gewees- dank die Here ook daarvoor!
Ons sien dat vandat ons begin het reeds meer as 300 besoekers gekyk het op ons blog in maar net 'n maand se tyd. Dankie almal. Bid asseblief en staan saam met ons om in hierdie stamland waar die geestelike nood groot is, 'n getuie te wees en om die gelowiges te bemoedig en toe te rus om staande te bly.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking