Maandag 12 Augustus 2013

Kinders het hulle vertroue op die Here gestel

Soos gesê was daar vorige week 'n span met opelugkinderwerk besig gewees in Breda. Dit is bekend  as 'n baie moeilike deel van die stad. Die meeste van die dae was hier rond die 30 kinders gewees wat die Evangelie aan die hand van die Woordlose boek gehoor het. Vir Nederland is dit BAIE kinders wat die klubs bygewoon het. Daar is kinders wat Vrydag hulle vertroue op die Here Jesus gestel het en saam met die leiers gebid het. Prys die Here. Ons vertrou die Here dat dit SY werk is en dat dit nie net by 'n keuse gebly het maar dat dit die vrug van die werk van die Heilige Gees is wat hulle tot sondebesef gebring het en 'n soeke na die enigste Verlosser.
Ons is dankbaar dat die groep in Breda byna almal ou Bybelskoolstudente is of mense wat ons IKEG kursus gevolg het. Dankbaar is ons dat daar nou meer kinders bereik kan word deur die manne en vroue wat ons opgelei het en dat die Veritas opleiding en IKEG (kinderwerk) so goed en nou by mekaar aansluit.
Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking