Donderdag 18 Augustus 2016

3 kursusse is afgerond


Een van die Kinderevangelisasie kursusse wat deur IKEG gegee word, is die VCK 1 kursus. Die hele kursus bestaan uit  32 lesure wat oor 13 aande  aangebied  word.  Hierdie  kursus is onderskeidelik in Eindhoven, Sliedrecht  en in Broek op Langedijk gehou.  Die afsluiting van hierdie  kursusse  was aan die einde van  Junie, net  so  voor die Somervakansie,  gehou.  Hier is 2 studente besig om ‘n pastorale  gesprek  met mekaar te oefen. Dit gaan oor hoe mens die Evangelie op ’n eenvoudige manier aan 'n kind wat in die Here Jesus as Verlosser wil glo, kan uitl√™.


Op die ander foto word n Bybelverhaal deur iemand wat die  kursus gevolg het as oefening, vertel. Omdat die groep so groot is, het ons besluit om 'n groep die geleentheid te gee by iemand se huis op n ander aand. Heerlik is dit om die entoesiasme en toewyding van hierdie jongmense te beleef. Van hulle het ook in die somer vakansie  vir Jan en Margriet Bayense in die stad Kerkrade gehelp, met Evangelisasie aksies. Daar is selfs nou na jare 'n nuwe gemeente gestig! Hierdie gemeente het ook ontstaan as gevolg van kinderevangelisasiewerk. Hieroor kan u in die volgende blog lees.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking