Woensdag 15 Junie 2016

Veritas groep in Apeldoorn voltooi module 3

Ons kan dit nie wegsteek nie! Ons wil dit ook nie geheim hou nie…die gevoel van trots soos ’n vader oor sy kind wat so goed presteer nie! Hierdie is maar ’n beeld om die volgende goeie nuus met u te deel:
Hierdie groep is ’n bron van dankbaarheid en bemoediging vir Marius en vir ons: Hierdie pragtige groep in ons tuisgemeente hier in Apeldoorn. Mense wat geen formele Bybelskoolopleiding het nie, manne en vroue wat vol in die lewe staan met loopbane, studie en gesinne, gepensioeneerdes of huisvroue:  Na vier jaar se getroue bywoning en studie het 19 kursusgangers hulle Veritas module 3 afgehandel! (Op die foto sien u hulle nadat hulle elkeen die sertifikaat in ontvangs geneem het.) Hulle toewyding is op hulle beurt vir ons tot inspirasie. Die groep deel ook lief en leed met mekaar! So bind dit mense met verskillende persoonslikhede en ook verskillende ouderdomme aan  mekaar in die Gees. nader aanmekaar bring en deur die Liefde van Christus aan mekaar verbind. So het ons ook hierdie PRAGTIGE bos blomme as geskenk gekry. Dit is werklik besonder, aangesien daar ’n lieflike geur in ons sitkamer versprei word. Nog nooit het ons blomme gekry wat so lekker ruik nie! Dit laat ons ook dink aan die volgende teks in 

Ef 5:2 “….en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n liefllike geur

Sal u asb saam met ons bid dat almal ook sal besluit om die laaste module te volg. Dit is module 4 en die Evangelies word behandel sowel as die geskrifte van Johannes, wat natuurlik ook Openbaring insluit.

Die Here seën werklik oorvloedig, want nadat Marius die kinderevangelisasie kursus in Eindhoven aangebied het, is daar nou ook belangstelling vir Veritas. Donderdag, 16/06 is daar ’n bekendstellingsaand om te kyk of daar genoeg belangstelling is om in September, aan die begin van die nuwe skooljaar met Module 1 weer daar te begin. Sonder enige twyfel is ons weer van u gebede afhanklik. Gebed dat die Here die mense se harte sal voorberei met entoesiasme vir Sy Woord en om te wil leer om dit persoonlik beter te kan verstaan en toe te pas...

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking