Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Maandag 12 Augustus 2013
Kinders het hulle vertroue op die Here gestel
Soos gesê was daar vorige week 'n span met opelugkinderwerk besig gewees in Breda. Dit is bekend as 'n baie moeilike deel van die stad. Die meeste van die dae was hier rond die 30 kinders gewees wat die Evangelie aan die hand van die Woordlose boek gehoor het. Vir Nederland is dit BAIE kinders wat die klubs bygewoon het. Daar is kinders wat Vrydag hulle vertroue op die Here Jesus gestel het en saam met die leiers gebid het. Prys die Here. Ons vertrou die Here dat dit SY werk is en dat dit nie net by 'n keuse gebly het maar dat dit die vrug van die werk van die Heilige Gees is wat hulle tot sondebesef gebring het en 'n soeke na die enigste Verlosser.
Ons is dankbaar dat die groep in Breda byna almal ou Bybelskoolstudente is of mense wat ons IKEG kursus gevolg het. Dankbaar is ons dat daar nou meer kinders bereik kan word deur die manne en vroue wat ons opgelei het en dat die Veritas opleiding en IKEG (kinderwerk) so goed en nou by mekaar aansluit.
Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Op die Vrydag aand was daar ook meer as 50 ouers wat vir 'n braai gekom het en daar is aan hulle ook uitgelê wat die Woordeloos boek beteken. Bid saam met ons dat die saad wat gesaai is sal ontkiem en tot ware geloof sal ontluik. Dit is en bly God se werk!
Sondag 04 Augustus 2013
Die Here seën die werk!
![]() |
Opelug klub in Kerkrade |
Die laaste jare het ons gesien hoe die Here gemeentes wat ons opgelei het gebruik het om uit te reik na nuwe stede en dorpe. Op so 'n manier is byvoorbeeld baie kinders in die somermaande bereik! Die Here vra getrouheid en volharding en om aan Hom die resultate oor te laat. Nogtans het Sy seën en vrug nie afwesig gebly nie!
![]() |
'n Deel van die saal met ouers en kinders |
Laas week het ons gesien hoe die Here Jan Bayense en sy span van 96 jongmense gebruik het om in Kerkrade Evangelisasie werk te doen. Hulle kom veral vanuit die HHK - Hersteld Hervormde kerk en is deur Marius en ander IKEG medewerkers opgelei. Met 8 spanne het hulle vir 'n week lank in die Suide van Nederland gaan kampeer om opelug kinderwerk en straatwerk te doen. Hulle het op 16 verskillende plekke elke dag klubs gehou. Loof die Here! Dankie almal wat op ons facebook bladsy gereageer het om te bid. Gebed was uit Australië, Suid-Afrika, VSA, Italie en ander dele van die wêreld.(Sluit aan om op hoogte te bly op Facebook.com - Marius Storm en ook hier om via epos in kennis gestel te word wanneer ons ander blogs plaas.)
![]() |
Kinders sing vir hulle ouers |
Ten spyte daarvan dat dit vreeslik warm was - oor die 36 grade, het daar by die afsluiting meer as 150 ongelowige volwassenes en kinders gekom. Jan het die verrigtinge gelei en o.a. vir almal weer die evangelie uitgelê. Die kinders het omtrent gestraal toe hulle vir hulle ouers gesing het!!! Die res van die jaar gaan daar klubs vir die kinders en Bybelstudies vir volwassenes gehou word.
![]() |
Jan bring die boodskap van verlossing van sonde |
Ons ken Jan en Margriet Bayense al baie jare en ons is dankbaar dat ons kon bydra aan hulle werk deur advies en opleiding. Hulle wil nou ’n gemeente daar begin. Bid asb vir die bogenoemde sake.

Die weke hierna volg nog aksies in Antwerpen (12-14 Aug), Apeldoorn (27-30 Aug) op 2 plekke, Den Helder(5-8 Aug) , Ede (27-30 Aug) en ander plekke. Ook was die uitreik in Papendrecht en Diebergen in Julie baie geseënd gewees- dank die Here ook daarvoor!
Ons sien dat vandat ons begin het reeds meer as 300 besoekers gekyk het op ons blog in maar net 'n maand se tyd. Dankie almal. Bid asseblief en staan saam met ons om in hierdie stamland waar die geestelike nood groot is, 'n getuie te wees en om die gelowiges te bemoedig en toe te rus om staande te bly.
Teken in op:
Plasings (Atom)