Woensdag 18 Maart 2015

2 VCK 2 cursussen afgerond

Vorige week maandag het ons die kursus VCK 2 na 12 aande afgerond in Apeldoorn. Hierdie week het ons dieselfde kursus ook na 12 aande afgerond in Sliedrecht. In totaal het 12 kursusgangers die opleiding vir gevorderdes afgerond.

Die Verdiepings Cursus Kinderevangelisasie (VCK) 2 gaan oor die gelovige kind en hoe om hom verder te help in sy geestelike lewe. Ook hoe om aandag in die klub te gee aan die gelovige kinders - sou daar enige wees.

Dit het 'n lang tijd geneem om hierdie kursus te voltooi omdat ons die kursus afgewissel het op die maandag aande. Dan in Apeldoorn en die volgende in Sliedrecht. Daarom het ons meer as 24 weke geneem om dit klaar te maak.

Oor twee weke begin ons weer met n kursus in Geldermalsen se omgewing. Weer elke 2e week en ons hoop om na die Europese somervaksnie verder te gaan en dan in November dit af te rond.

Dit was n besondere kursus en die materiaal is baie besonder omdat dit vir ons as gelovige volwassenes ook baie kan beteken.

Bid asseblief vir hierdie mense dat hulle wysheid sal kry hoe om die beginsels in hulle klubs toe te pas.

Op die foto is die groep in Sliedrecht besig en gee Anneke Breet 'n kollega les.

Vrydag 06 Maart 2015

Apeldoorn Veritas 2 afgerond

Gisteraand het ons die voorreg gehad om die 24 deel 2 kursusgangers se sertifikate uit te deel. Dit was die hasegroep - die groep wat elke 2 weke bymekaar kom. Dit was 'n baie besondere groep en nou na 2 en 'n half jaar besig te wees met deel 1 en 2 begin ons sommer volgende keer met deel 3. Dit handel oor die Psalms, wysheidsliteratuur en profete.

Ons is baie bemoedig deur die terugvoering wat ons gekry het. Wat ons baie bemoedig is dat mense sê hulle lees nou die Bybel baie anders en dit het hulle gehelp om die betekenis beter te verstaan en om dit beter toe te pas op hulle lewe.
Ook die band wat ontstaan tussen die mense is besonder. Een van die vrouens het borskanker gekry tydens deel 2 en het ondanks haar Chemo behandeling en nou bestraling aangegaan!!! Toe sy haar sertifikaat gekry het het daar n spontane aplous uitgebreek. Pragtig die samehorigheid.

Wat baie opval is dat die studie van die 10 gebooie soveel beteken het. Ons het elke gebod bespreek ook in die lig van die gedagte dat ons nie meer onder die wet is maar onder die genade. Het dit nou geen plek in die lewe van 'n Christen nie? (Sien Joh 14:15 en 21 en 1 Joh 5:1-4) Ook die implikasies van die grote Versoendag en hoe die Here Jesus dit vervul het was vir baie besonder.

Ons gebed is dat hierdie mense ook dit wat hulle leer sal oordra aan ander.


Saterdag 24 Januarie 2015

So bemoedig was ons lank laas! Alles kom by mekaar in hierdie getuienis!

Een van die jongste Bybelskool studente wat ek meer as 4 jaar gelede gehad het as student is nou iemand wat in Duitsland by Heilbron  by die "Gospel for Europe ministry school" les gee - het hierdie getuienis gegee. Wat mooi is hy het die IKEG (CEF) 3 maande leierskap opleiding gevolg en ook die Veritas 1 kursus. Hy gee nou die kursusse daar. Dit is so bemoedigend omdat dit nou juis 'n verlange is wat ons deur ons bediening wil sien tot stand kom.Ons wil jong leiers oplei sodat hulle op n Bybelse manier verder sal gaan en mense sal bereik. (Hy is nie die enigste nie) Hij staan links op die foto en sy vrou hurk voor hom.

Ek het toestemming om hierdie whatsapp te deel wat hy aan ons as sy gebedsgroep op whatsapp geplaas het.

Dit is in makkelike Nederlands .... 

Broeders,

Graag wil ik jullie bedanken voor jullie voorbede! De HEERE HEEFT WONDERLIJK VOORZIEN. Heb met passie in het Engels mogen onderwijzen. 


Maandagavond heb ik mijn getuigenis mogen delen naar de studenten. Ik had het niet voorbereid, maar de Heere hielp! 

Dinsdag lesgegeven. 

’s Avonds kreeg ik onverwachts de gelegenheid om een Bijbelstudie in Winterberg te leiden in de Lutherse kerk. Ik heb in de woonkamer van familie Gleibe (predikantenechtpaar) een Bijbelstudie over Efeze 2 gedaan in de stijl van VERITAS. Er kwamen mooie gesprekken op gang over vers 1-4, wat het betekent om geestelijk dood te zijn… Heb vrijuit kunnen spreken. 
Dinsdag lesgegeven over een Bijbels fundament voor Kinderevangelisatie (Psalm 78, Math 18 en importance of conversion), 

Woensdag lesgegeven over de doctrines van het Evangelie, Gisteren een Kinderclub gedemonstreerd, vandaag hebben studenten geoefend om het evangelie op kinderniveau te vertellen en heb ik nagedacht over Acts 26:19b "I was not disobedient to the heavenly vision." 

Ik ben enorm bemoedigd door het ontspannen verloop van deze intensieve week. De passie voor onderwijzen, die in de afgelopen periode wat verwaterde, kreeg echt een opleving. Heb erg genoten en bid momenteel om leiding welke week (weken) ik volgend jaar eventueel zal kunnen doceren..nu eerst weekend😊

Mooi né?
Discipelskap kom tot sy reg!
Prijs die Here vir Sy genade en goedheid! 


Woensdag 21 Januarie 2015

Uitdagings in Veritas

Een van die dinge in geestelike  werk is die verrassende wendings wat mens se lewe kan inneem
wanneer die Here besluit Hy gaan iets oor jou pad bring.
Dit het gebeur na september 2014. Skielik het deure oop gegaan om mense te skool om die Veritas kursus te gee op besondere plekke. Dit is nie altyd maklik om mense so aan te trek nie. 

Maar op n besondere manier het die Here n sendeling uit suid-oos Asië (naam noem ek nie uit veiligheids oorwegings) vir 'n jaar na Nederland terug gebring om verder opgelei te word sodat sy daar meer bruikbaar kan wees in haar beroep om 'n visum te kan kry. Maar wat doen sy met al die ander tyd?  Die Heere het haar al lang op ons hart gelê en sy volg nou hierdie jaar die kursus. 

Verder het die Here n jong man wat uit Wallis (Wales - GB) wat as sendeling  reeds 3 jaar in Albanië werk, oor ons pad gebring. Hy het vir n jaar na Nederland gekom om te trou met n meisie wat ons IKEG kursus gevolg het, Haar ma is op ons IKEG bestuur. Marius is gevra om sy mentor te wees in 'n IKEG internet kursus uit Amerika. Wel gou het die gesprek gegaan na die moontlikheid dat hy die kursus in Albanie kan gee. Nou volg hy dit ook. Hy praat en skryf die taal reeds vlot en is baie opgewonde oor die moontlikheid om dit daar aan te gaan bied.

'n Derde persoon het Marius mee kontak gekry toe hy aansoek gedoen het by n sendingorganisasie waar Marius op die keuringskommissie is. Hy is werkloos op die oomblik en werk in Almere en in de Bijmermeer in Amsterdam. Dit is n baie digbevolkte gedeelte in Amsterdam (soos Hillbrow in JHB). Wel hy volg ook nou die kursus. 

Die vierde is n besondere. Johan Josua (ons seun) het Marius gevra om die kursus in hulle gemeente te kom gee. Ons antwoord was ons is te besig ... dus waarom volg jy dit nie en gee dit self daar. Wel nou is hy ook deel hiervan. Arme man - dit is nie makkelik om jou pa as mentor te kry nie!

Dan is Marius besig om Jacob Jan Matze in Duitsland by die Gospel For Europe Bybelskool te begelei as begeleier. In die skool is daar 14 studenten wat n visie het om moontlik en Europa te gaan werk. Hulle volg ook die Veritas kursus. Wie weet miskien is daar by hulle ook mense wat die kursus wil gaan gee waar hulle kom. Wat is die Here besig om te doen? Tyd sal leer.

So kom die Here op n besondere manier en so is die Here moontlik besig om die deure na die res van Europa  oop te maak. Want daar is ook moontlikhede vir België en ook vir Frankryk. Bid vir wysheid en krag want hierdie kursusse moet in Engels gegee word ... 

Vrydag 19 September 2014

Leë nes sindroom


Op n manier is hierdie nooit geplaas nie ... dus hierby as nog.

Nou is die nes leeg. Amanda en Marius se laaste voëltjie Johan Josua het op 17 Julie uitgevlieg, maar saam met 'n baie prachtige en liewe skoondogter Leonie.

Gelukkig vlieg die twee voëltjies nog baie in en uit om te kom hallo sê. Ons is baie bly en dankbaar vir haar. Dit lei die begin van n nuwe era in.

Dit was n baie besondere dag en ons was dankbaar vir die mooi getuienis wat daarvan uitgegaan het. In hierdie dae het mens nie altyd die waarborg waar 2 mense bewus kies om hulle lewe saam met die Heere te begin.

Lekker was dit om ook Annamie Storm - ons skoonsus hier te gehad het. Dit was ook besonder om lede van die NKA uit Suid-Afrika ook teenwoordig was. Riaan en Wilna Smit met die kinders, Emelie Hefer met Melindie haar dogter, Barend Hefer met sy verloofde Estelle Smit was ook hier gewees. Dankie almal dit het dit sommer baie spesiaal gemaak.Ons bid die Heere se seën vir Jojo en Leelee toe vir die toekoms.

Met al die mooi dinge, het veral Marius dit maar swaar gehad om te verwerk dat Johan die nes verlaat het. Gelukkig het hy daaroor gekom en gaan dit nou goed. Heerlik om meer tijd ook vir mekaar te hê!

LCJ, HJW en IKEG gaan saam werk!

IKEG en twee organisasie in die Christelik Gereformeerde kerk en Hervormde kerk in Nederland gaan saam werk.
Hulle wil IKEG se materiaal gebruik en ons moet hulle jeugleiers oplei. Bid hiervoor dit word n groot uitdaging. Ons plaas hieronder die berig in Nederlands - ons glo julle sal dit kan lees. As die proses aan die gang kom en kons kan n eindredacteur aanstel sal ons hande meer vry kom om ons meer te rig op dit wat ons roeping is. In die persberig staan:


HJW, LCJ en IKEG gaan project aan voor ontwikkelen van kinder(evangelisatie)materiaal


Bijbels betrouwbare visie Een belangrijk speerpunt van de samenwerking is dat het HJW, het LCJ en IKEG gezamenlijk een Bijbels betrouwbare visie op kind en geloof en de plaats van het kind in de gemeente/eredienst willen formuleren. Deze visie wordt uitgewerkt in het beschikbaar stellen van Bijbelgetrouw kinder(evangelisatie)materiaal en het toerusten en trainen van kinderwerkers binnen de gemeenten. De wens is uitgesproken dat het materiaal zowel in de Statenvertaling, als in een Herziene Statenvertaling variant uitkomt. Zowel het materiaal als de toerusting van kinderwerkers hebben als doel dat kinderen op een Bijbels verantwoorde manier onderwijs krijgen.

Stuurgroep Voor het realiseren van deze doelstellingen is een stuurgroep samengesteld bestaande uit bestuurders van de verschillende organisaties. Dieneke Kalisvaart is de eerste medewerker op dit project en start vanaf D.V. 20 oktober 2014. Op korte termijn hopen de partijen ook een eindredacteur te kunnen aanstellen. Deze zal de verantwoordelijkheid krijgen over nieuw te ontwikkelen materiaal en de herziening van huidig kinder(evangelisatie)materiaal.

Voorzitter ds. J.M. Storm: "Het mooie van deze samenwerking is dat we elkaar hebben gevonden in het hogere doel; het bereiken van kinderharten binnen en buiten de kerk met het evangelie. Daarbij komt dat we elkaar aanvullen qua expertises, materiaal en toerustingsmogelijkheden."

In de samenwerkingsovereenkomst geven de organisaties eveneens aan dat zij zich verbonden voelen door een gedeelde roeping, namelijk het verlangen dat kinderen binnen en buiten de kerk tot bekering en geloof komen in de Heere Jezus Christus. Deze roeping, zoals verwoord in de Bijbel en de drie formulieren van enigheid, als ook in de geloofsverklaring en uitgangspunten van IKEG, geeft volgens de betrokken organisaties een breed fundament om principieel samen te werken. Op 12 september 2014 hebben het Platform Hervormd Jeugdwerk (HJW), de Stichting Internationaal Kinder Evangelisatie Genootschap (IKEG) en de Stichting Landelijk Contact Jeugdwerk (LCJ) een Samenwerkingsovereenkomst getekend voor het ontwikkelen en herzien van Bijbelgetrouw kinder(evangelisatie)materiaal. Daarnaast gaan de organisaties ook intensief met elkaar samenwerken bij de toerusting en training van kinderwerkers in de gemeenten. Begin 2015 zal het nieuwe VakantieBijbelWeekmateriaal beschikbaar zijn. De instructie- en toerustingsavonden zullen begin 2015 worden gecommuniceerd en georganiseerd. Op deze manier kunnen alle voorbereidingen voor de zomerperiode plaatsvinden en het materiaal in de zomervakantie worden gebruikt.

Sondag 18 Mei 2014

Veritas slakke groep (wat 1x per maand vergader) kry hulle sertifikate!

Wat was dit 'n mooi oomblik om mee te maak dat die Veritas 1 'slak' groep ... (hulle het stadiger deur die kursus gegaan as gewoonlik) hulle sertifikate gekry het. Wonderlik! Behalwe vir 2 gaan die res ook verder met module 2. Heerlik om te doen en om veral ook te beleef hoeveel die kursus vir hulle beteken het. Volgende jaar (Europese jaar van Sept - Julie) begin ons ook weer met die Bybelskool (elke 2de Saterdag) en gaan ons verder met die slak en haas groep in Apeldoorn. Bert en Bart gaan in Zeeland verder en Gerrit in Kampen. Saam hoop ek met Gerrit ook in Lopikerkapel met module 2 verder te gaan. Mooi werk is dit. Ons vertrou dat die Heere ons verder sal help en krag sal gee vir wat vir ons voorlê. Op die foto is die kursusgangers (2 was afwesig). Heerlik om Estie as 'n kursusganger ook haar sertifikaat te kon geen.

Dinsdag 15 April 2014

Wat 'n vreugde om te sien wat die Heere doen.

VCK 1 kursus
Die afgelope weke het die Heere ons baie geseën met skolingsgeleenthede. In Meteren is die Verdiepings Kursus Kinderevangelisasie baie geseënd. die 17 kinderwerkers wat dit volg is toegewyd en het afgelope Maandag elkeen 'n demonstrasie gehou van hoe mens 'n Bybelsvers aan die kinders sal aanleer. Ons is ook besig om die evangelie aan die mense uit te lê en stap vir stap leer ons hulle hoe 'n Bijbelles te gee. Heerlike werk.
Gisteraan het ons regverdiging deur die geloof uitgelê. Weereens die opmerkings van die studente dat dit verhelderend en tot seën was. Ons is dankbaar

Opleiding aan gemeente jeugleiers
In Dussen het Marius Woensdagaand 'n opleiding gegee oor hoe belangrik dit is dat ons kinderwerk doen. Ook die uitgangspunte vir kinderwerk is behandel. Besonder was die opmerkings dat hulle nog nie dit so gehoor en jeugwerk uit die perspektief benader het nie. Kom ons bid dat die Heere daar baie vrug sal gee vir die werk.

Reünie in Scherpenzeël
'n Jaar gelede het ons die VCK 1 cursus daar gegee en gisteraand kon ons die mense uit die woord bemoedig en 'n paar praktiese handreike gee om hulle werk verder te versterk. Dit is zo mooi om te sien hoe hierdie mense toegewyd verder gaan om dit wat hulle geleer het toe te pas. Baie Moslim kinders word ook bereik en dit is besonder.

Bijbelskool Veritas 3
Saterdag was dit weer die voorreg om met die Veritas module 3 groep verder te gaan. Daar is n baie mooi band aan die ontstaan tussen hierdie groep en Marius. Bid dat hieruit leiers sal ontstaan. Voor die tijd sing ons saam met die groter groep studente. Heerlik. Volgende jaar staan Marius en Bart Ridderhof elke Saterdag voor die groep.

Veritas 1 Slakke groep Apeldoorn
In Apeldoorn gaan ons DV Mei maand die stadige groep van Veritas 1 afrond. DIt beteken dat na 2 jaar hard werk is die groep ook nou klaar met module 2 wat 1 keer per maand gegee is. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie mense groei. Hooplik sal ons DV 'n foto van die sertifikate later op die blog plaas.

Maandag 10 Maart 2014

2 Nuwe studente vir Switserland?

Ons is ook bly dat 2 Bybelskoolstudente hierdie somer ons opleiding DV in Switserland wil volg. Ons hoop dat die Here hulle voltyds in kinderwerk sal lei en dat ons hulle veral in IKEG sal kan verwelkom. Hiervoor moet die Here hulle en ons duidelikheid gee. Een van de manne het Veritas module 2 ook al gevolg (sien foto van die groep vorige jaar) en voel nou geroep om moontlik die kursus in Switserland te volg. Ek gaan binne kort met hom hieroor praat. Bid saam met ons asb.


Veritas in Apeldoorn en Lopikerkapel

Laas week het ook weer die geleentheid gegee dat ons in Lopikerkapel die Veritas 1 kursus kon gee. Dit is 'n baie getroue en besondere toegewyde groep. Ook in ons eie gemeente (Apeldoorn) kon ons verder gaan met module 2. Hierdie groep moet veral ook genoem word vir hulle getroue bywoning en meelewing! Ons word so bemoedig deur sulke toewyding en getrouheid. Bid dat die Here hierdie mense al hoe mee geestelik sal volwasse maak om verder te gaan as net die kursus en dat die Here deure sal oop maak vir nuwe leiers in die gemeente.
Soos julle kan sien ons het sommer dadelik weer vanuit Suid-Afrika ingestap in 'n baie besige program. Bid asseblief vir ons werksaamhede

Nuwe IKEG kursus in Meteren

Vanaand begin ons weer in Meteren met 'n nuwe Verpiedingskursus in kinderwerk. (VCK 1). Een van die kursusgangers het ons hierdie pragtige kantoor ruimte gegee om te gebruik. Ons is baie dankbaar daarvoor. Hier sien u die die aanwesige personen by ons bekendstellingsaand vorige Maandag. Sover lyk dit asof ongeveer 15-18 mensen die kursus gaan volg. Bid asb vor 'n baie geseënde kursus maar veral dat mense iets met die kursus gaan doen en klubs gaan begin of in die somer opelug aksies gaan hou.



Saterdag 22 Februarie 2014

Ons besoek aan Suid-Afrika is byna afgeloop

Die besoek is byna iets van die verlede. DV vertrek ons terug na Nederland met Lufthanza op Maandag aand 24 Februarie. Hoe gaan mens hierdie besoek kan beskryf anders as baie geseënd. Ons het weer met baie van ons getroue vriende en ondersteuners kontak kon maak en by almal was dit asof ons nog laas week gekuier het. Baie dankie almal. Jammer is net dat die pos staking daarvoor gesorg het dat die meeste nuusbriewe nog nie by die mense uitgekom het nie en dat baie nie geweet het ons is in Suid-Afrika nie. Dus ons program was dus ook nie beskikbaar vir die mense nie. Maar ons glo die Here het 'n doel ook daarmee gehad. Dankie almal vir julle liefde, betrokkenheid  en volgehoue ondersteuning. Ons waardeer dit baie.

Ons het 'n baie besige program gehad en party dae tot 7 afsprake per dag. Beginnende byvoorbeeld met 'n biduur om 5.30 en afsluitend met 'n aand byeenkoms. Dus as u dink ons het lekker kom uitrus ... dit was 'n ontsettende besige tyd, maar heerlik om almal weer te sien en om soos die Nederlanders sê: "Even bij te praten" Ons stap weer in met net so 'n besige program in Nederland in van Donderdag nadat ons Dinsdag geland het.

Bid vir ons en hou hierdie blog dop. Teken ASSEBLIEF in op "VOLG ONS" (links langs hierdie berig) deur u e-pos in te vul en op submid te druk. U ontvang dat 'n epos ter bevestiging waarop u moet reageer deur op die skakel te kliek. Daarna behoort u 'n kennisgeving te kry as ons weer iets plaas met die epos wat u ontvang. So bly u op hoogte en hoef u nie te kom loer of daar iets geskryf is nie.

Die uitdagings is groot en Europa het die evangelie baie nodig. Ons stamland mag nie vergeet word nie. Vergeet nie ons en ons werk nie, ons het dit baie nodig.