Toe ons die roeping
in 1982 gekry het om na Nederland te
kom, het die Here die volgende teks gebruik om die aard van die roeping te bevestig.
Jes 58:12 "En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou, die fondamente van die vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
So het ons uitgevind ...Ons was nie meer verplig tot ‘n algehele vergrendeling nie en 'n maand gelede het ons, ons “kleinkat” in Abbenbroek gaan oppas, aangesien Estie en Daniël êrens anders moes wees. Groot was ons verrassing toe Amanda 'n Whatsapp berig van haar niggie uit Suid-Afrika gekry het. "Het ons geweet dat die voorouers van Amanda aan haar moeder se kant, met die van: “Pretorius”, ook uit Nederland gekom het?" Hulle het in Ouddorp gewoon! Haar groot-groot-grootvader was daar predikant gewees van 1639 af. Die kerk staan nog en 1508 staan op die kerktoring in Ouddorp. Van Abbenbroek af, was dit ongeveer 20km se ry!!! Hierdie dominee se seun het na Suid-Afrika gekom en het die Pretorius familie in SA kom vestig! Klaarblyklik is hy dan ook die voorgeslag van Andries Pretorius en waarna Pretoria ook vernoem was. Dit moes ons pas nou in Nederland ontdek!
Intussen is Daniël predikant in Abbenbroek - 20km van Ouddorp! Soos die
meeste al weet, was hij 'n kind in ons klub en is met Estie getroud. ‘n Dag
nadat ons Ouddorp toe is om te gaan kyk hoe die kerk lyk, waar Ds Pretorius so
lank gelede predikant was, het Daniël en Estie saam met die gemeente van
Abbenbroek ‘n kinderclub buite hulle kerkgebou gehou. Die gebied waar hulle nou die Evangelie bring,
net Suid van Rotterdam, staan tans bekend as "die eiland sonder 'n
Heiland".... ", Die geestelike nood is dus ongelooflik groot.
"En hulle wat uit jou voortkom sal die ou gebroke
mure en puinhope van die voorgeslagte herbou" het so vir ons ‘n besondere nuwe betekenis gekry!!
Groot is die Here in Sy Wysheid en Almag!

‘n Leidster van ‘n klub het íets uitsonderlik beleef. (ter wille van veiligheidsredes gee ons geen name van persone of plekke nie) Daar het 'n Moslim meisie die klub bygewoon. Sy het gereeld gehuil tydens die klub. Na die tyd het sy vertel dat sy bang is, want haar vader kyk na al die filmpies waar mense verbrand word. Die kontras was so groot. Die liefde van God en die haat van die radikale Islam het haar geraak. Sy het gereeld gekom en ongelooflik baie vrae gevra. Haar vader het gesê sy mag kom en luister solank sy dit net nie glo nie.
Prys die Here! Sy Woord is kragtig en kan haar hartjie
deurbreek ondanks haar vader se opdrag. Bid julle asb saam, spesiaal vir haar,
haar beskerming en al die kinders wat nou die Evangelie hoor. Dat die saad van
die Woord in die harte van die kinders vrug sal dra!
Ons was in verwondering oor hoe God werk. In Jes 58 staan ook dat diegene wat uit jou voortkom zal die mure herbou. Johan
en Leonie is steeds in Apeldoorn ook besig met geestelike werk. Johan het in
die verlede gehelp met opelugklubs en was vir baie jare deel van die
kampleiding by IKEG. Nou is hy meer betrokke in hulle gemeente self. Leonie is ook
leidster/koorineerder van die kinderwerk in hulle gemeente. Marna en Gerben Jan
voed hul kinders soveel moontlik op volgens die beginsels van Gods Woord. Ook
as mens kyk hoeveel kinderwerkers al deur Marius en die IKEG span opgelei is, dan word mens stil
dat die Here hierdie teks vir ons 'n besondere toepassing gegee het. Ook dat
daar leiers opgelei word in en om Veritas en IKEG heen om die Evangelie suiwer te
verkondig aan die ongelowiges en om die gelowiges op te bou in die geloof
in ons stamland Nederland.
Verder is ons so dankbaar dat t.s.v. die "corona lockdown" en nou nog, ons met ons werk eenvoudig kon aangaan. Deur middel van Zoom kon Marius voort gaan om al sy lesings te gee. Dus ons opleiding het nie verander nie. Daar is nou 17 Veritasleiers opgelei wat toegerus is om mense te leer om die Bybel op 'n verantwoordelike manier uit te lê en dit bly 'n groot vreugde om hiermee betrokke te wees. Amper 'n 1000 mense het al van die modules gevolg wat ons hier in ons stamland gee. Die opleiding van nuwe leiers wat met die werk van die Here kan aangaan is een van ons fokuspunte en ons bemerk dat die Here in genade hierdie deel van ons bediening meer en meer seën.
Ons het intussen weer oupa en ouma geword van 'n kleinseun - Levi Jonathan Storm - die eersteling van Johan en Leonie - 'n pragtige gesonde seuntjie. Hy is op 9 Aug gebore. Ons is so dankbaar daarvoor!
Baie dankie vir julle betrokkenheid en steun ook in hierdie moeilike tye deur voorbidding en ook finansiële bydraes. Ons waardeer dit so BAIE. Bid asseblief vir seën en vrug op ons werk.
Baie dankie vir julle betrokkenheid en steun ook in hierdie moeilike tye deur voorbidding en ook finansiële bydraes. Ons waardeer dit so BAIE. Bid asseblief vir seën en vrug op ons werk.