
Wat was dit 'n mooi oomblik om mee te maak dat die Veritas 1 'slak' groep ... (hulle het stadiger deur die kursus gegaan as gewoonlik) hulle sertifikate gekry het. Wonderlik! Behalwe vir 2 gaan die res ook verder met module 2. Heerlik om te doen en om veral ook te beleef hoeveel die kursus vir hulle beteken het. Volgende jaar (Europese jaar van Sept - Julie) begin ons ook weer met die Bybelskool (elke 2de Saterdag) en gaan ons verder met die slak en haas groep in Apeldoorn. Bert en Bart gaan in Zeeland verder en Gerrit in Kampen. Saam hoop ek met Gerrit ook in Lopikerkapel met module 2 verder te gaan. Mooi werk is dit. Ons vertrou dat die Heere ons verder sal help en krag sal gee vir wat vir ons voorlê. Op die foto is die kursusgangers (2 was afwesig). Heerlik om Estie as 'n kursusganger ook haar sertifikaat te kon geen.